INTERPELLASIES

Onmenslike brutaliteit teen plaaswerkers

1.	Mnr M L Fransman vra die Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke:

Of hy bewus is van die onmenslike brutaliteit wat daagliks teen plaaswerkers op plase in die Provinsie voorkom, met spesifieke verwysing na die plaas De Rust naby Vredendal, waar mnr Victor Mcotshana op 31 Julie 2000 gesterf het as gevolg van sy haglike woonomstandighede op die plaas, asook ander soortgelyke gevalle; so ja, (a) of hy 'n verklaring oor sodanige brutaliteit sal doen en (b) watter stappe gedoen sal word om die probleem aan te spreek?

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Mnr die Speaker, die agb lid mnr Fransman vra my of ek bewus is van die onmenslike brutaliteit wat daagliks teen plaaswerkers in die Provinsie voorkom. Voordat ek hierdie vraag beantwoord, moet ons eers ooreenkom oor die term "onmenslike brutaliteit", sodat geen verwarring daaroor heers nie. 

'n Brutale persoon is iemand wat vreugde vind in ander se pyn - 'n ongenadige wrede persoon. Suid-Afrika het wette vir mense wat pyn en lyding teweegbring. As 'n goeie burger van hierdie land, beskou ek dit as my plig om sulke voorvalle aan die polisie te rapporteer sodat die wet sy pad kan loop. Ek sal geen brutaliteit van plaaseienaars of plaaswerkers verskoon nie. Mense wat aan sulke dade skuldig is, moet die gereg in die o staar en moet geen ondersteuning van my of my departement verwag nie.

Meneer, ek is dankbaar om te kan s dat ek nie bewus is van onmenslike brutaliteit wat daagliks by plaaswerkers voorkom nie. Ek dink dit is 'n kwaadwillige veralgemening.

Die agb lid mnr Fransman verwys ook na die spesifieke insident. Mnr Victor Mcotshana is op 31 Julie 2000 oorlede, na bewering as gevolg van haglike woonomstandighede op die plaas. As dit as gevolg van haglike woonomstandighede gebeur het, moet hier elke dag duisende mense in hierdie provinsie sterf. Mnr Mcotshana is oorlede as gevolg van natuurlike omstandighede. 

Mnr M L FRANSMAN: Mnr die Speaker, dit is baie jammer dat die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke eers probeer om 'n definisie van menslike brutaliteit te gee en daarna s dat daar geen menslike brutaliteit hier voorkom nie. Ons sien dit elke dag.

Ek wil hom meedeel dat mnr Mcotshana dood is as gevolg van seer en oop wonde. Hy is dood omdat hy vir die laaste paar maande nie kos gekry het nie en soos 'n hond in 'n hok gehou was. En die agb Minister s hy het ondersoek ingestel. Dit wys net weer die tipe houding wat die Nuwe NP en die DP, oftewel die DA, teenoor plaasbewoners in die Wes-Kaap inneem. [Tussenwerpsels.] 

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Mnr die Speaker, laat ek vir agb lede die storie vertel, wat ek regtig dink die storie van 'n barmhartige Samaritaan is.
Ek het hier foto's van die huis waarin mnr Mcotshana gewoon het. As dit na 'n hok lyk, weet ek nie so mooi nie. Daar is elektriese lig binne, daar is water en daar is 'n latrine. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, toe di eienaar 10 jaar gelede die plaas De Rust naby Vredendal gekoop het, was mnr Mcotshana reeds 'n werknemer op die plaas. Mnr Mcotshana het alleen in 'n huis gebly. In daardie stadium het hy reeds een oog verloor. Hy was verbind met verskeie rusies op en van die plaas, en het homself baie verwaarloos. 

Sowat nege maande gelede het die plaaseienaar mnr Mcotshana vir twee weke lank elke tweede dag na die plaaslike dokter geneem vir behandeling van sere aan sy een been. Ongelukkig het mnr Mcotshana nie gereeld die voorgeskrewe medisyne gedrink nie, en het ook nie homself of sy woonplek skoon gehou nie. Die gevolg is dat, sowat agt maande gelede, mnr Mcotshana vir twee weke gehospitaliseer is. Met sy terugkeer het hy hom van die ander plaasmense gedistansieer en was hy bekend as 'n alleenloper. Die laaste twee maande het hy glad nie gewerk nie. Gedurende daardie tydperk het die eienaar mnr Mcotshana elke week van kos en 'n loon voorsien. 

Meneer, dit is nodig dat die volgende duidelik gestel word:

(a) Die plaaseienaar het alle mediese uitgawes vir mnr Mcotshana se behandeling betaal.

(b) Die plaaseienaar het alle vervoer tydens behandeling en hospitalisasie gratis voorsien. 

(c) Hoewel hy nie gewerk het nie, het mnr Mcotshana tot sy dood loon en kos ontvang.

(d) Die plaaseienaar het relings getref dat 'n ander vrou op die plaas vir mnr Mcotshana gaan kos maak.

(e) Die plaaseienaar het vir mnr Mcotshana se begrafnis betaal. 

(f) Alle huise op die plaas het elektrisiteit, lopende water en 'n dro rioolstelsel. 

(g) Al die huise op die plaas het dieselfde fasiliteite. Waar die bewoners die ander huise in 'n goeie toestand hou, het mnr Mcotshana homself en sy huis verwaarloos.

(h) Aan die einde van die dag is mnr Mcotshana aan beroerte dood en die polisie het besluit dat niemand daaraan skuldig is nie.

Mnr M L FRANSMAN: Mnr die Speaker, dit is baie duidelik dat ons in twee wrelde leef. Ek kan dit nie verstaan nie. Vredendal is so 'n klein plekkie. Ons hoor nou hierdie verslag, maar toe ons daar besoek afgel het, het die realiteit anders daar uitgesien. [Tussenwerpsels.]

Wat vir my ook baie duidelik is, is dat die rede agter wat ons nou gehoor het, is dat mnr Vogt, die plaaseienaar, 'n Nuwe NP-lid is en ook 'n raadslid in daardie distrik is. [Tussenwerpsels.] Dit is die realiteit. [Tussenwerpsels.] Dit is baie duidelik dat dinge vir die Huis weggesteek word.

Verder, die afgestorwene het 'n week voor die tyd gevra - en getuies kan dit bevestig - dat die plaaseienaar hom na die hospitaal moet neem. Daardie versoek is afgewys. Mnr Mcotshana het egter die Maandag in die hospitaal gesterf. Daar is foto's wat oop wonde wys en dat hy totaal in slegte en lelike omstandighede geleef het.

Ek verstaan waarom die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke dit s.

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: [Onhoorbaar.]

Mnr M L FRANSMAN: Ek verstaan waarom hy hierdie houding inneem. Hulle gee nie om vir plaaswerkers en vir plaasbewoners nie. [Tussenwerpsels.] Dit is die realiteit. [Tussenwerpsels.] Ons verstaan dinge word weggesteek en ons verstaan hulle probeer slegs verseker dat hierdie geval 'n dood sterf soos alle ander gevalle.

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Mnr die Speaker, dit is baie duidelik dat die plaaseienaar in hierdie geval nie onmenslik of brutaal was nie. Ek dink hierdie debat vind juis hier plaas omdat hy dalk 'n prominente Nuwe NP-lid in daardie omgewing is.

Mnr M L FRANSMAN: Nee, nee!

Die MINISTER: Hierdie plaaseienaar het nie lyding teweeggebring nie en hy het hom ook nie verlekker in ander se pyn nie. Om die waarheid te s, hy het alles in sy vermo gedoen en kan net-net nie van paternalistiese optrede beskuldig word nie.

Plaaseienaars is maklik die teiken vir vae en ongegronde beskuldigings van aanvalle. Dit kan miskien toegeskryf word aan die buitengewone landbousituasie waar eienaars en werkers op dieselfde grond bly.

Mnr die Speaker, in ander sektore van die ekonomie is dit nie maklik om soortgelyke verbande te trek nie. Ek het reeds ges ek keur nie brutale optrede goed nie, waar dit ook al plaasvind. Waar dit voorkom, moet die wet sy gang gaan. In hierdie geval het die wet egter nie die volle proses deurloop nie, want daar is bevind dat hy aan beroerte dood is en niemand kan vervolg word nie.

Ek is bly om te verneem dat Agri Wes-Kaap tans besig is met die ontwikkeling van 'n etiese kode vir alle rolspelers in die landbou. Aangesien dit 'n inklusiewe proses is, wil ek van die geleentheid gebruik maak om my volle steun aan die inisiatief toe te s.

Mnr die Speaker, ten slotte, ek dink die gemeenskap het ook 'n verantwoordelikheid teenoor mense in ons gemeenskap. As ek in die aand in Langstraat afry, sien ek ook mense in die pad l. Ek dink ons as gemeenskap moet ook daardie mense by die hand neem en hulle na 'n plek neem waar hulle versorg kan word. So ook het die totale gemeenskap van Vredendal en die politieke partye, die ANC inkluis, 'n verantwoordelikheid teenoor die mense in hul gebiede wat swaar kry.

Transformasie 2000-plan

*2.	Me T Essop vra die Minister van Behuising:

(1) Wat die Transformasie 2000-plan behels, waar dit sy ontstaan gekry het en wie daarvoor verantwoordelik was;

(2) wanneer die plan gemplementeer sal word en wat die finansile implikasies vir die Provinsie oor die volgende drie jaar sal wees?

Die MINISTER VAN BEHUISING: Mnr die Speaker, transformasie is 'n planmatige proses wat binne 'n statutre raamwerk plaasvind. Verskeie Witskrifte, wetlike voorskrifte en kollektiewe ooreenkomste tussen die Staat en werknemersorganisasies gee rigting aan die transformasieproses en langtermyn staatshervorming. Van die belangrikste is die Grondwet, die Staatsdienswet, die Wet op Arbeidsverhoudinge, die Employment Equity Act en die Staatsdiensregulasies.

Op inisiatief van die agb Premier was daar oor 'n lang tydperk gesprek gevoer met die hoofbestuur van die PAWK. Na lang beraadslaginge is daar deur die Kabinet besluit, weer eens op inisiatief van die agb Premier, dat 'n taakspan aangestel moet word om te kyk na die demografiese verdeling van arbeidsmag in die Provinsie. Die taakspan het aanbevelings aan die Kabinet gemaak en sekere voorstelle, wat weer eens gewysig was, waarna besluit is dat 44 nuwe bestuursposte geskep moet word. Vier van di poste sal adjunkdirekteurs-generaalposte wees, 10 hoofdirekteursposte en 30 direkteursposte. Hierdie proses is juis daarop gemik om die Employment Equity Act van stapel te stuur sodat ons 'n beter verdeling kan kry en 'n beter weerspieling van die demografiese opset in die Provinsie.

Verder, mnr die Speaker, by al die departemente in die nasionale Regering bestuur die meeste van daardie bestuurders 105 amptenare. As voorbeeld wil ek Onderwys voorhou, waar een bestuurder 1 800 amptenare moet bestuur. Gesien teen hierdie agtergrond, het die Kabinet besluit om die taakspan aan te stel en sodoende die ongelykheid met betrekking tot bestuurders reg te stel. Wanneer ons hierdie plan deurvoer sal ons 'n beter verdeling kry. Een bestuurder tot 365 amptenare sal die werklas en dienslewering in die Provinsie verbeter.

Wat die koste betref, is die beraming dat vir die senior poste alleen 'n addisionele R16 miljoen nodig sal wees. Die skatting vir die huidige boekjaar is R11,3 miljoen. Transformasie 'n langdurige proses is, en dit is op hierdie oomblik nie moontlik om 'n driejaar-vooruitskatting te kan gee nie, omdat daar 'n opwaartse mobiliteit sal wees wat beter werkgeleenthede vir almal in die Provinsie sal bewerkstellig.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, 'n jaar gelede het die ANC die gebrek aan verteenwoordiging in die Staatsdiens op die senior bestuursvlak blootgel. Die Premier van die Provinsie het in die openbaar ontken dat ons statistiek reg was. Hy het die bewerings ontken dat daar 'n gebrek aan transformasie was. 'n Jaar later vind ons dat die waarheid inderdaad gepraat is, maar hulle dui nie hier aan dat die situasie 'n jaar later in werklikheid in terme van kleurling en swart verteenwoordiging verswak het nie.
Wat is die Transformasie 2000-plan? Mnr die Speaker, die belastingbetalers sal, volgens die agb Minister van Behuising, R16 miljoen moet opdok ten einde 'n overblindende senior bestuursvlak te skep wat verteenwoordigend sal lyk en sal lyk of dit dan die demografie van die Provinsie ewenaar. Die agb Minister dui egter nie aan of die huidige persentasies ten opsigte van wit manlike verteenwoordiging in die Provinsie reggestel sal word nie. Byvoorbeeld, in die Departement van Plaaslike Regering, Beplanning en Behuising het ons 35 witmans in senior bestuursposte. Hulle sal in plek bly. Daardie syfer sal nie daal nie. Ons bestee R14 miljoen op 'n senior bestuursvlak, terwyl hierdie Provinsie moontlik 'n aantal personeellede op diensleweringsvlak nodig het.

In die huidige konteks, wanneer die DP en die Nuwe NP op nasionale vlak oor die afskaling van die Staatsdiens praat, skep ons nou 'n opgeblase senior bestuursvlak. Dit is 'n duidelike weerspreking van hul eie beleid, maar wat kan R16 miljoen, of R14 miljoen soos dit geprojekteer is, in werklikheid in terme van dienslewering skep? Ons kon gekies het om 215 onderwysers in diens te neem. Ons kon gekies het om 215 gesondheidswerkers in diens te neem, wat uiters noodsaaklik is by die Delft 24-uur Noodkliniek, wat as gevolg van personeeltekorte nie 'n paar jaar gelede geopen kon word nie. Dit is steeds nie 'n ten volle funksionele gesondheidsfasiliteit nie. Die Kleinvlei 24-uur Noodhospitaal is as gevolg van personeeltekorte steeds nie ten volle funksioneel nie. Tog verkies ons om 'n overblindende vlak te skep wat die belastingbetalers R14 miljoen kos, en het dan die vermetelheid om aan belastingbetalers daar buite te s dat dit is om dienslewering te verhoog.

Mnr die Speaker, dit is tog seker 'n belaglike voorstelling. Ons stel nie die gebrek aan verteenwoordiging reg nie. Ons steun 'n senior bestuursvlak, en daarbenewens het ons inligting dat sommige van die poste wat op die oomblik deur witmans op senior vlak gevul word, iets wat ons verlede jaar bevraagteken het, tot die vlak van superintendent-generaal opgradeer sal word. Daar is 'n aantal poste wat opgradeer gaan word en op die vlak van superintendent-generaal sal hulle gevul word deur die huidige witmans op daardie vlak van die senior bestuursechelon. Dit is onaanvaarbaar. Dit is 'n skelmstreek. Die publiek moet weet dat dit 'n skelmstreek is, en ons behoort eintlik druk op die Kabinet te plaas om hulle plan, wat Transformasie 2000 genoem word, te wysig en daardie R16 miljoen op die vlak van dienslewering in te pomp waar dit uiters noodsaaklik is.

Mnr die Speaker, met natuurlike attrisie kan die Staatsdiens baie meer verteenwoordigend word. Ons kan nie die een of ander overblindende oefening doen wat nie transformasie in die Provinsie aanspreek nie.

Die MINISTER VAN BEHUISING: Mnr die Speaker, die agb lid me Essop doen presies wat ek verwag het sy gaan doen. Ten eerste wil sy die Huis oortuig dat sy die een is wat vir transformasie gevra het. Noudat transformasie gaan plaasvind, noem sy dit "window-dressing".

Wat die ergste van alles is, is die tipe rassisme wat hier plaasvind. Ons sal regsopinie daaroor moet inwin, want die ANC se rassistiese wit onderrok hang al weer uit. Hulle haat witmense, maar hulle vergeet wat die nasionale Minister vir die Staatsdiens en Administrasie ges het. Sy het ges hulle het te vinnig transformasie en regstellende aksie toegepas, daarom stort alles in duie.

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Waar het sy dit ges?
Die MINISTER: Dit het sy in die Parlement ges.

Die ander punt is, transformasie is "window-dressing" as dit te vinnig plaasvind. Hoeveel van die groot poste wat op sentrale vlak gevul was, het al in duie gestort? Besef agb lede dat mnr O'Connell, 'n superintendent-generaal by hierdie Administrasie, 25 000 meer amptenare het as wat 18 direkteurs-generaal van die Sentrale Regering saam het? [Tussenwerpsels.] Dan praat die agb lid me Essop van R16 miljoen. Sy weet natuurlik nie wat opwaartse mobiliteit is nie. Ek sal dit in Engels probeer verduidelik, maar ek dink sy begryp dit baie goed.

Waar in die dokument staan daar dat poste vir mense gereserveer is? Al die poste moet gevul word en elkeen wat vir 'n pos kwalifiseer, moet aansoek doen. 'n Mens kan nie vandag net die mense nader roep en van elkeen wie se boordjie jy omdraai, 'n predikant maak nie. Die agb lid me Essop moet vir my wys waar in die verslag dit geskryf staan. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ons is stadig maar seker besig op die spoor van die man en dame wat daardie agb lid so goed inlig. Kom ek s vir agb lede hoe verkeerd haar statistieke is. Sy s vir die koerant daar is 104 wit bestuurders, terwyl ons slegs 87 het. [Tyd verstreke.]

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, natuurlik sal die agb Minister van Behuising tot 'n groot emosionele aanval oorgaan, maar as hy wil weet wat die inligting is in verband met die reservering van koste, sal ek aan hom 'n paragraaf uit 'n BKV-vergadering voorlees, wat hiervan praat. Dit lui, en ek haal aan:

	Die bestaande adjunk-direkteur-generaal pos (huidige pos van Kallie Saayman) sal omskep word na 'n superintendent-generaal pos. Die Hoofdirekteur: Regsdienste se pos word opgegradeer tot 'n adjunk-direkteur-generaal pos en die huidige Direkteur: Opleiding se pos word opgegradeer.

Jammer, mnr die Speaker. Die agb Minister wou geweet het waar ons hierdie inligting kry.

*Mnr C M DUGMORE: Hy lieg.

Die SPEAKER: Orde! Orde!

*Me T ESSOP: Die agb Minister moet vir ons s hoe dit is dat hy nie hiervan geweet het nie.

Die MINISTER VAN BEHUISING: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: mag 'n agb lid s, "He is a liar"?

Die SPEAKER: Orde! Verwys die agb lid na iemand hier in die Huis?

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek het, maar ek trek dit terug. Die agb Minister van Behuising het egter die Huis mislei. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

Die MINISTER VAN BEHUISING: Mnr die Speaker, dit is 'n voorwaardelike terugtrekking.

*Die SPEAKER: Orde! Die agb lid moet dit onvoorwaardelik terugtrek.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek trek dit terug.

*Die SPEAKER: Orde! Die agb lid me Essop mag voortgaan.

*Me T ESSOP: Dankie, mnr die Speaker. Ons kan hier speletjies speel. Ons eis nie krediet op vir enigiets nie. Die belastingbetalers moet bewus wees dat Transformasie 2000 'n skelmstreek is. Dit is om sekere poste in die PAWK te behou. Die vrees vir ware transformasie is wat hierdie agenda aandryf, en dit is, met al die nodige respek, 'n overblindingsoefening. Ek sou aanvoer, soos ons al jare lank in die Huis aanvoer, dat die diensleweringsaspek van die PAWK aangespreek moet word waar die dienste werklik nodig is.

Die agb Premier s in die openbaar dat daar geen bevoegde swartes is nie en dat hulle na bevoegde swartes soek.

*Die PREMIER: Ek het dit nie ges nie.

*Me T ESSOP: Die agb Premier moet die koerante lees, maar hy was waarskynlik indertyd in Griekeland. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, hy s dat hulle gaan koppe jag vir bevoegde swartes, maar bevoegde swartes kom en dan gaan hulle. Die agb Premier moet die waarheid praat. Daar is baie, baie staatsamptenare in die Provinsie wat hierheen gekom het en in hierdie Administrasie probeer werk het. Hulle is vervreem deur 'n senior bestuursvlak wat Afrikaans - en ek is werklik jammer as agb lede hieroor aanstoot neem - maar wit en manlik wil bly.

In hierdie nuwe Suid-Afrika is daar geen plek vir daardie geestesingesteldheid nie. Ons moet hierdie Administrasie transformeer. [Tyd verstreke.]

Die MINISTER VAN BEHUISING: Mnr die Speaker, dit is baie duidelik dat die agb lid me Essop 'n vooraf opgestelde agenda het. As sy geluister het, sou sy gehoor het ek s dat hierdie poste juis geskep word om beter dienslewering daar te stel. [Tussenwerpsels.] Die feit van die saak is, waarom is dienste swak? Ek vaar nie uit teenoor amptenare nie, maar dit is omdat bestuurders nooit kans kry om behoorlik hul direktorate te bestuur nie. Hulle is vasgevang met werk wat hulle nie veronderstel is om te doen nie. [Tussenwerpsels.]

Om die vraag van die BKV te beantwoord, ek weet nie van wanneer af sy op die BKV dien nie. [Tussenwerpsels.] Die feit van die saak is dit bevestig net weer dat dinge hier soos 'n sif lek. Dit is geen geheim nie. As ek as 'n beskrywing s, "die ADG-pos wat huidiglik deur mnr Kallie Saayman bestuur word", s dit nog onder geen omstandighede dat hy die kandidaat is nie. Hy sal net soos enige ander amptenaar daarom moet aansoek doen. [Tussenwerpsels.] As hy wil, kan hy daarom aansoek doen.

Mnr die Speaker, die mooiste van alles is, ons sal sien ...

'n AGB LID: Uitgelig.

Die MINISTER: Nie uitgelig nie. Ons sal sien hoe die Employment Equity Act hulle gaan affekteer. Die mense gaan hulle nog voor die hof daag omdat hulle diskrimineer. Hulle sit diskriminasie in trurat net waar dit hulle pas. [Tussenwerpsels.] Daardie agb lid het onlangs op die soustrein gekom en nou is hy al klaar glad en blink. [Gelag.]

Mnr die Speaker, die feit van die saak is niks is in graniet gegiet nie. Die een vraag was wanneer dit gemplementeer gaan word. Die advertensies word geskryf. Geen advertensie gaan uit sonder dat dit behoorlik gevalueer is nie. Hierdie poste word geadverteer as regstellende aksie-poste. Ons moet ophou om hier vlie te wil afvang net om die publiek te bendruk.

Noudat die agb lid me Essop vir my ges het waar sy daardie inligting gekry het, kan ek vir haar 'n geselde brief gee wat aandui dat ek presies weet wie inligting laat uitlek het.

Bepaling van taxistaanplekke

*3.	Mnr D Silke vra die Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning:

(1) Of wetenskaplike metodes in die verlede gebruik is om te bepaal waar taxistaanplekke gele moet wees;

(2) of sodanige metodes vir toekomstige gebruik oorweeg word?

3. Interpellasie onttrek.

Vrede in openbare vervoersektor

4.	Mnr N M Isaacs vra die Minister van Gemeenskapsveiligheid:

	Watter stappe gedoen word om vrede in die openbare vervoersektor in die Kaapse Metropool te verseker en onnodige geweld te voorkom?

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID: Mnr die Speaker, die eerste verantwoordelikheid van enige regering is die beveiliging van sy mense. Die aanspreek van die geweld in die openbare vervoersektor in die Kaapse Metropool geniet die hoogste prioriteit van die Regering. Die saak word op 'n deurlopende basis bestuur deur 'n Kabinetskomitee, bestaande uit my, die agb Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning en ook die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning. Voorheen het die Minister van Finansies daaraan deelgeneem.
Die stappe wat gedoen word om veilige openbare vervoer te verseker, val in twee kategorie. Eerstens het ons 'n aantal stappe gedoen om die onmiddellike veiligheid van pendelaars te verseker. Op 3 Augustus vanjaar is alle taxistaanplekke, taxiroetes en ander openbare vervoer in Khayelitsha gesluit vir 'n periode van 24 uur. Dit is gedoen in terme van regulasies uitgevaardig deur die agb Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning, in terme van die magte aan hom opgedra in die Wes-Kaapse Wysigingswet op die Wet op Padvervoer, 2000 (Wet 7 van 2000). Hierdie regulasies is afgedwing in 'n gesamentlike operasie onderneem deur personeel van die SAPD, die SANW, die provinsiale verkeerspolisie, sowel as munisipale verkeerspolisiebeamptes.

Na afloop van die 24-uur-operasie het die veiligheidsmagte in die geaffekteerde gebiede aanwesig gebly om te verseker dat die orde gehandhaaf word. Ten einde voorbereid te wees vir enige verdere ontwrigting, het die agb Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning ook twee ander gebiede as geaffekteerde gebiede verklaar in terme van artikel 30A van genoemde Wet. Hierdie gebiede omvat Mitchells Plain, Nyanga en Guguletu.

Genoemde veiligheidsoptrede het plaasgevind in noue samewerking en met die ondersteuning van die nasionale en provinsiale polisiekommissarisse en die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit.

*Daarbenewens gaan die polisie voort met hul ondersoeke na die onderskeie aanvalle. Agb lede sal bewus wees dat een persoon reeds in die Kaapse Hooggeregshof skuldig bevind is. Mag ek byvoeg, dit is waarskynlik 'n nasionale rekord - slegs 17 dae nadat die persoon gearresteer is. 'n Aantal ander bly in aanhouding. Agb lede sal ook daarvan bewus wees dat daar in der waarheid nou drie en 'n half weke lank geen verdere aanvalle op enige busse was nie.

Terwyl die veiligheidsoptrede voortduur, word 'n aantal stappe gedoen om die ekonomiese en handelskwessies wat betrokke is, op te los. Dit sluit, in die eerste plek, 'n mediasieproses in wat deur die Sentrum vir Konflikbeslegting onderneem word. In die tweede plek is daar die aktiewe deelname deur die provinsiale Departement van Vervoer aan die tweede fase van die spesiale wettigingsproses wat deur die nasionale Departement van Vervoer onderneem word. Dit sal as die Wees Wettig-veldtog bekendstaan. In die derde plek is daar die verspreiding van akkurate inligting oor wetstoepassing en regulatoriese kwessies aan al die betrokke belanghebbendes in 'n omgewing waar daar 'n groot mate van verwarring heers. In die vierde plek is daar die langtermynbeplanning van openbare vervoer in die stad.

*Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, 'n mens kan nie so maklik hierop ingaan nie. 'n Mens moet ook die agtergrond van die saak oorweeg. Laat ons die agtergrond oorweeg. Ons weet dat die sluiting van toegang tot Khayelitsha groot ongerief vir pendelaars veroorsaak het, en daarby ook 'n uitwerking op die ekonomie van die Wes-Kaap gehad het.

Pendelaars is genoop om lang afstande te loop, en daar was baie ander gevolge van die sluiting. Busbestuurders en passasiers is gentimideer, daar is na hulle geskiet, hulle is beseer en vermoor, wat trauma vir al hul gesinne veroorsaak het. Bestuurders wat hul huise in die oggend verlaat het, was nie seker of hulle weer daardie aand na hul geliefdes sou terugkeer nie. Met dit in gedagte, kan 'n mens jou indink wat elke dag in die huis van elke busbestuurder wat sy huis verlaat het, plaasgevind het.

Laat my toe om my beskrywing van die agtergrond te voltooi. Daar was ook die taxi's wat bedryf is in weerwil van die permitonttrekkings en die beslaglegging op die voertuie van die onwettige operateurs. Die eienaars van die geskutte voertuie moet gedwing word om hulle te onderwerp aan streng dissipline, die aanvaarding van die regsoewereiniteit en die staking van hul dade van geweld en intimidasie.

Ek wil my dank uitspreek teenoor al die rolspelers wat betrokke was om vrede en orde teweeg te bring, in stede van die moorde en intimidasie wat die Wes-Kaap geteister het. Ek bedank hulle almal. Hulle het almal baie hard hiervoor gewerk. Ek wil my dank oordra aan die voormalige Minister van Gemeenskapsveiligheid en die agb Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning. Laaste, maar nie die minste nie, wil ek ook die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid bedank.

Daar was 'n tyd toe ek werklik die ANC gewantrou het, en ek wil eerlik hieroor wees. [Tussenwerpsels.] Vala i-suitcase [Maak toe die koffer.] Ek wil aan die ANC s dat ek gedink het dat hulle hierby betrokke was. Ek wil my ... [Tussenwerpsels.]

*Mnr M OZINSKY: Dit is waarom jy ... [Onhoorbaar.]

*Mnr N M ISAACS: Bly stil!

*Mnr M OZINSKY: Dit is waarom jy ... [Onhoorbaar.]

*Mnr N M ISAACS: Ek wil my ...

*Die SPEAKER: Orde! Die agb lid mnr Isaacs moet die woorde, "Bly stil", terugtrek.

*Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, ek trek die woorde, "Bly stil", terug.

*Die SPEAKER: Die agb lid mag voortgaan. 

*Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, ek wil my verskoning aanbied omdat ek agterdogtig was. [Tussenwerpsels.] Ek hoop dat hulle dit aanvaar. Daar is uiteindelik gesien dat die ANC nie hierby betrokke was nie. Dit is waarom ek grootmoedig wil wees en s ek is jammer. Ek het hulle met agterdog bejen.

My vraag aan die agb Minister is, gesien die agtergrond wat ek kortliks geskets het, wat is sy beplanning vir die toekoms om soortgelyke geweld te voorkom, sou daar weer onrus van hierdie aard plaasvind? Die geweld en intimidasie het op 27 Maart vanjaar begin en tot 3 Augustus aangehou. Ek wil weet waarom so baie tyd verloop het, waarom so baie tyd vermors is voordat iets daadwerkliks gedoen is om vrede te bring aan die mense wat daardeur geraak is. [Tyd verstreke.]

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, die antwoord op die vraag wat deur die agb lid mnr Isaacs gevra is, is dat dit 'n swak Regering met 'n swak regeringsprogram is. Dit was besluiteloos en onsamehangend in sy pogings om hierdie kwessie te hanteer. Dit is wat hy gekry het. [Tussenwerpsels.] Hy weet wat gedoen is. Dit gebeur nou al drie maande lank en geen aandag word aan die saak gegee nie.

Die voormalige Minister van Gemeenskapsveiligheid het bedank, en het groot gewag gemaak van die feit dat hy nie die magte gehad het om dit te hanteer nie. Ek wonder steeds waarom hy werklik bedank het. [Tussenwerpsels.] Was dit die kwessie van magte, of het hy van die bewegende wa afgeval. Of is hy gestoot en het van die wa afgeval?

Ons moet 'n ander vraag stel: wie is werklik die Minister van Vervoer in die Provinsie? Is daardie agb Minister daar oorkant die Minister van Vervoer, of is die agb lid mnr Meyer die Minister van Vervoer? Dit is presies dieselfde as wat met vorige Ministers gebeur het wat daarvan gehou het om by vervoerkwessies betrokke te raak. [Tussenwerpsels.] Ek stel daardie vraag.

Die kwessie hier is die gebrek aan die implementering van beleid. Op 16 Mei 2000 is die Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op die Wet op Padvervoer [B7B-2000] aanvaar. Klousule 1 van daardie Wetsontwerp het voorsiening gemaak vir die invoeging van artikel 30B in die Padvervoerwet, 1977, en het aan die Minister die bevoegdheid gegee om hierdie kwessies te hanteer. Dit beteken nie die hantering van die simptome nie, maar om die kwessies op 'n blywende grondslag te hanteer.

Die hantering van die kwessies sluit die totstandkoming van die Raadplegende Vervoerforum in wat op hierdie tydstip nog nie gemplementeer is nie. Die probleme wat met Vervoer ondervind word, is nie veiligheidsprobleme nie. Hulle het te doen met die tekortkominge van die wettigingsproses in die vervoerbedryf. Die agb Minister het gepraat van die Wees Wettig-veldtog. Die vraag wat ek steeds stel, is of die Regering in die Provinsie die Wees Wettig-veldtog steun.

Die agb Minister het ges dat ons nie gaan navolg wat die nasionale Regering ges het nie. Ons sou dit op ons eie manier doen. Ons manier is die wyse waarop ons dit vir die afgelope twee en 'n half jaar gedoen het. Daardie agb Ministers het dit op hul eie manier gedoen. Die agb Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning, wat nie hier is nie - hy het vir my ges hy woon 'n Minmec-vergadering by - het ges dat hy dit op sy manier doen. Die gevolg was dat mense hulle lewens verloor het. Mense is gedood.

KwaZulu-Natal het nie ges dat hulle hul probleme twee maande later sal hanteer nie. Hulle was beslis. Toe daar 'n probleem ontstaan het, het hulle dit hanteer en leierskap getoon. Dit is wat hier ontbreek. Hierdie Regering is swak, onsamehangend en besluiteloos. Trouens, die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid hier by ons het so pas gewys wat gedoen kan word, terwyl die voormalige agb Minister van Gemeenskapsveiligheid groot gewag daarvan gemaak het dat hy nie die nodige bevoegdhede gehad het om dit te hanteer nie.

Ten slotte wil ek graag s dat, met die benadering wat gevolg word, ons aan hierdie kant sal voortgaan om ons steun daaraan te verleen om 'n blywende oplossing vir die tekortkominge van die openbare vervoerstelsel te vind.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID: Mnr die Speaker, in die eerste plek wil ek opklaar wat in werklikheid disinformasie is, en ek moet aan agb lede s dat die agb lid mnr Ramatlakane hier 'n bietjie moedswillig was. Hierdie Regering steun die Wees Wettig-veldtog heelhartig. Ons het dit by verskeie geleenthede ges.

Die probleem is dat die nasionale Departement van Vervoer nie kan besluit presies wat die Wees Wettig-veldtog is nie. Die nasionale Minister het twee naweke gelede, toe ons saam in Khayelitsha by die kerkdiens was, aangekondig dat die Wees Wettig-veldtog op 15 Augustus 2000 gemplementeer sou word. [Tussenwerpsels.] Daardie agb lede het die persverklaring gesien. Dit het op 15 Augustus geblyk dat hulle nie seker gemaak het dat die President die wetgewing onderteken het nie. Hy het dit nog nie gedoen nie, dus kan daar geen Wees Wettig-veldtog wees nie. Hulle het nou weer aangekondig dat dit op 1 September 2000 van stapel gestuur gaan word. Ons weet nie eens of die wetgewing onderteken is nie, omdat daar regsprobleme daarmee ondervind word. [Tussenwerpsels.]

Ons sal dit steun. Die probleem is dat telkens wanneer die veldtog vertraag word, dit 'n gedaanteverwisseling ondergaan en moratoriums aangekondig word. Dit veroorsaak 'n groot mate van verwarring, nie net by die amptenare en die polisie wat dit moet toepas nie, maar ook by ander wat betrokke is. [Tussenwerpsels.] Agb lede sal saamstem dat daar 'n groot probleem is wat hier aangespreek moet word en die nasionale Regering moet in hierdie verband bystand verleen.

Wat die Raadplegende Vervoerforum betref, dit is 'n deurlopende proses. Daar was verskeie probleme daarmee, en dit word deur die agb Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning hanteer. Ek dink beslis dat ons daartoe verbind is om dit te laat werk, maar die feit is dat ons oor kwessies onderhandel wat baie moeilik is, soos subsidies in die vervoerbedryf. Agb lede weet dat dit 'n uiters moeilike kwessie is om te hanteer.

Laat ek my nou wend tot die agb lid mnr N M Isaacs. Hy het 'n baie belangrike kwessie aangeroer, naamlik die ongerief vir pendelaars, veral tydens die hoogtepunt van die konflik. Dit is 'n kwessie waaroor ons aanvanklik baie gekritiseer is en vrae gevra is oor of daar enige ongerief vir pendelaars was op die dag toe die staanplekke gesluit is. Ons het 'n baie akkurate moniteringstelsel in werking gestel. Ek kan die Huis inlig dat 75 000 pendelaars daagliks van Khayelitsha na die res van die Metropool beweeg, 58 000 per trein, 9 000 per bus en 8 000 per taxi. Op daardie dag het 'n bykomende 17 000 pendelaars in werklikheid ook busse of die trein buite Khayelitsha gehaal. Dit blyk dus dat almal wat op daardie dag by die werk wou kom, dit inderdaad, met 'n mate van ongerief, kon doen. Dit is wat die verslag ges het, en ek is baie seker dat dit inderdaad die geval was. [Tyd verstreke.]

Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, dit is jammer dat die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid nie die sluier 'n bietjie gelig het nie. As 'n mens die situasie van datum tot datum noukeurig volg, sal jy oplet dat beloftes van die nasionale kant gemaak is. Beloftes is deur komm Selebi, deur die nasionale Minister van Vervoer en deur die nasionale Minister van Verdediging gemaak. Al hierdie persone het altyd slegs gepraat. Waarom het dit so lank geneem voordat hulle bymekaar kon kom?

Nou sien ek ook die agb lid mnr Ramatlakane, 'n ANC-lid, steier daarvan weg, want hy weet dat 'n aandeel daaraan aan die nasionale Regering toegeskryf kan word. Die nasionale Minister van Vervoer het sekere verklarings gemaak en onder meer ges, "Ons gaan dit vasvat." Die nasionale Minister van Verdediging het ook sekere verklarings gemaak.

*Komm Selebi het beloftes gemaak. Al daardie beloftes is gemaak. Daardie agb lede sien op na die nasionale Regering, wat oor die middele beskik, maar hulle bly in gebreke om met daardie middele vorendag te kom. [Tussenwerpsels.] Die agb lid mnr Ramatlakane het ges dat hierdie Regering swak en besluiteloos is. Wat daardie agb lid moes gedoen het, is om na sy eie party terug te gaan en hulle te vra waarom hulle gesloer het, waarom hulle uitgestel het.

Mense gaan dood. Weet agb lede hoeveel mense sedert daardie tyd dood is? Hulle weet! Weet hulle hoeveel voertuie, soos busse, in hierdie tyd beskadig is? Laat ons eerlik wees - as daar iets verkeerd is, moet hulle die moed van hul oortuigings h en hul party aanspreek, en aan hulle party s dat hulle vertragingstaktiek, wat hulle ook al probeer gebruik, ook tot die styging in die aantal sterftes en die verliese bydra. [Tussenwerpsels.] 

Los die agb Minister hier uit. Daardie agb lede weet dat hy nie in bevel van die SAPD is nie. Hy is nie in bevel van die SANW nie. Hy is nie in bevel van enige van daardie magte nie. Hy het net 'n sekere rol om te speel.

Vreemd genoeg, daardie agb lede sal daar sit en hul o en ore toemaak. Hulle is slegs bereid om te luister na wat hulle pas. Hulle verontagsaam die res en pak die skuld op iemand anders. Nee, meneer, laat ons eerlik wees. Laat ons na die President gaan en aan hom s dat die nasionale Minister eenvoudig net beloftes maak. Hy s baie dinge, maar hy doen dit nie. Eerlikwaar, dit moet ernstig opgeneem word.

Dink net daaraan dat as die gesinne van daardie mense wat gesterf het in die galery gesit het en ons nie bereid was om te erken dat daar beslis onnodige vertraging was nie. Daar was 'n onnodige gesloer, en as daardie gesloer uit die weg geruim was, ... [Tussenwerpsels.] Ek wil ten slotte pleit dat dit nie weer sal gebeur nie. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID: Mnr die Speaker, laat my toe om te s dat daar eintlik 'n indruk en 'n verstandhouding was dat hierdie aangeleentheid oor 'n aantal maande deur middel van onderhandeling opgelos kon word. Dit was die benadering van die nasionale Regering en dit was die benadering van die Provinsiale Regering.

Dit het na 'n sekere aantal rondtes onderhandeling geblyk - die agb lid mnr Ramatlakane was in baie gevalle deel daarvan - dat dit nie kon werk nie. Meneer, die rede daarvoor is 'n beginsel wat ons as Regering moet vestig, tesame met die opposisie, dat 'n mens nie oor die toepassing van die wet kan onderhandel nie. Dit moet nie onderhandelbaar wees nie. [Tussenwerpsels.] Toe daardie beginsel gevestig is en ons ges het dat ons sou inbeweeg, het ons uitstekende samewerking van almal gekry.

Laat my toe om ten slotte te s dat ons vandag ietwat van 'n relletjie hier gehad het, maar die feit bly dat ons as Provinsiale Regering, as veiligheidsmagte, as die nasionale Regering, moet saamwerk om ons mense te beskerm. Ons het 'n veiligheidskrisis in ons provinsie en ons land wat eenvoudig nie kleinlike politieke onderonsies kan bekostig nie. Dit is 'n nasionale krisis. Ons moet saamwerk om dit op te los.

Wat uitgekom het in die hantering van hierdie kwessie, is dat die mense op grondvlak nie omgee wie hulle beskerm nie, solank as wat iemand dit doen. Dit is die boodskap wat na hierdie Regering, na hierdie opposisie en na die nasionale Regering uitgaan. Laat ons nie politiek speel met die lewens van mense nie. Laat ons saamstaan, omdat die situasie heeltemal te ernstig is as om iets anders te doen.

Debat afgesluit.

VRAE

Vir mondelinge beantwoording:

Redes vir uittrede van voormalige Minister van
Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning

1.	Mnr S E Byneveldt vra die Premier:

(1) Of die voormalige Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning enige redes, hetsy mondelings of skriftelik, vir sy skielike uittrede verskaf het; so ja, (a) wat die redes was en (b) of hy 'n verklaring oor die aangeleentheid sal doen;

(2) of 'n afskrif van die redes en enige amptelike persverklarings oor die aangeleentheid verskaf kan word?

*Die PREMIER:

1.	(1)	Ja.

		(a)	Die redes is uiteengesit in 'n persverklaring uitgereik deur die voormalige Minister op 26 Julie 2000.

		(b)	Nee.

(2) 'n Kopie van die persverklaring waarna verwys word in 1(a) word hierby aangeheg.

BYLAE 1

MEDIA STATEMENT BY THE WESTERN CAPE MINISTER OF COMMUNITY SAFETY, SPORT AND RECREATION

It is common knowledge that the Premier is to announce a Cabinet reshuffle in the near future. I was asked to serve in this new Cabinet.

I am very honoured that I was considered for this responsibility.

However, after careful thought about the offer, I have decided to decline and have tendered my resignation to the Premier. I realise that many people will be confused by this decision - some possibly disappointed - and for this reason I feel I should explain my action.

Following the April 1994 elections I was nominated to represent the Western Cape in the Senate. When the latter was dissolved three years later I returned to the provincial Parliament. For the last two years I have served in the Cabinet with the portfolio of Community Safety, Sport and Recreation.

Over this six-year period I have had unique perspective over a broad range of departments and all three spheres of government.

For a novice politician it was a rare privilege to be part of such a dynamic transition of historic proportions.

I met and worked with a broad range of fellow-South Africans of exceptional quality which re-inforced my perception that we are a truly blessed country.

I have great hope for this country provided that we all work for the common good, irrespective of our past and our private prejudices.

During the last two years I have focussed all my efforts into projects that will have a demonstrable effect on society and the fight against crime. With the passing out parade of the most recent batch of CPO recruits last Friday in Oudtshoorn, it brings the total of CPO's trained by my department to over 450 in little over a year. By years end it should be 650. Those who witnessed the Oudtshoorn parade could only have been amazed at the high standard of discipline and fitness.

Similarly by October over 200 neighbourhood watch trainers will have been intensively coached to mobilize their communities.

The Chrysalis skills project, already into the final stages of the first course, is set to positively influence the lives of thousands of young men in a short period of time. They are the most vulnerable group to crime, violence, substance abuse and Aids, and as such need the most support as quickly as possible.

These projects, together with dozens of other undertaken by my two departments, are a tribute to the dedication and determination of their respective staff members and whose loyalty I am truly grateful for.

However, in my legally defined role of oversight of the South African Police Service in the Western Cape, I have failed miserably. Try as I have, by a variety of means, I have not succeeded in convincing the ANC Government to improve the lot of the professional officers. They are disgracefully underpaid, under resourced and now their authority is being actively undermined.

Numbers, both nationally and provincially, are at an all time low while crime in the majority of categories is at an all time high - even if some provinces try to show a rosier picture, as recently alleged.

There is no logical recruitment plan, no promotion policy, no mechanism to get rid of dead wood.

Although tough talking is the order of the day from both national Minister and the National Commissioner, material support is virtually non-existent as proven by the continued cut in benefits and a single digit budget increase.

I will be accused of being disloyal by some for saying these things. But, as we speak, detectives and other highly skilled investigators are being lured out of the service to the secretive IDOC team with extravagant financial packages and in direct contrast to an undertaking by the Minister, leaving those few remaining with horrendous case loads and massive public condemnation for poor delivery.

As the Central Government gives every indication of abandoning its own police force, it is the public who must decide who is being disloyal.

The single greatest factor that has kept me from taking this decision sooner has been the dedication and sacrifice of those ordinary men and women who have chosen to uphold the law and their profession. They, together with reservists and other volunteers, constantly perform miracles in the Western Cape and their dedication is shown in the lowest absenteeism and highest crime resolution rates. The people of this province owe them a debt of gratitude.

To Comm Lennit Max and his top management I extend my deep gratitude for the professional relationship we have enjoyed. In no small way have the successes in the province been as a result of this professionalism and loyalty to the people of this province.

In coming to my decision I had to decide if, by accepting another portfolio, my ability to function normally would be different. Although the executive capacity in other departments is in the hands of the provincial Minister he or she can only work in the environment created by the Central Government.

Safety and security notwithstanding, one just has to look at education, health, social services and agriculture to see the effect of national Government policies and actions, often ideologically driven, being forced down on provinces who then do not have the capacity to implement nor influence them. Curriculum 2005, children in prison, the fishing industry debacle are just a few examples.

Yet, despite these constraints, the Western Cape has excelled in government at virtually every activity. I mention this simply because the Central Government never does. To me this has been the most stunning example of an absence of cooperative governance. Are we not a part of the sovereign soil of South Africa? And should our triumphs not be seen as successes for South Africa? Apparently not.

The Premier and my Cabinet colleagues have been a inspiration in many ways and I thank them for their support. I wish them every success for the future.

My decision therefore is rather to go in a direction which will give me more chance to directly influence the lives of the most vulnerable people in a positive way.

In the last few years, as a result of horrendous work pressure, I have neglected the very people who sent me to Parliament. I wish to rebuild those bridges. If opposition politics are going to succeed it needs leaders who stay in touch with the people and who are prepared to restore some dignity to the work of politicians.

My decision is not without selfish motive. My children are still young and I want to be able to do the normal things with them like fishing and hiking. I want to fix up my house, plant some fruit trees and read more. I need to get fit again.

Finally, if this country is going to succeed, we are going to have to strive to be the best and then build on it. My gravest concern is that small men are trying to pull anything successful down to their level. Whether they are driven by envy, sloth or some hidden agenda is not clear but they need to be exposed and brushed aside.

President Mbeki was quoted this morning of warning that "bad news sells - not good news". He, more than anybody else, needs to seek out the good news in his country and see that it is shouted from the mountain tops.

WKOD: sluit van skole

*2.	Mnr H A Lewis vra die Minister van Onderwys:

Of enige skole onder die jurisdiksie van die WKOD sedert 1994 gesluit is; so ja, (a) watter skole gesluit is, (b) wanneer sodanige skole gesluit is en (c) waarom sodanige skole gesluit is?

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, ek kan die lys vir die agb lid mnr Lewis ter Tafel l, of ek kan dit voorlees. Wil hy h ek moet dit voorlees?

*Die SPEAKER: Orde! Die agb Minister kan die lys ter Tafel l.

*Die MINISTER VAN ONDERWYS:

2. Ja, daar was 136 skole.

(a) en (b):


NAAM VAN SKOOL
SLUITINGSDATUM

Artois (DRC) L/S
1 Januarie 1995

Avondson (DRC) L/S
31 Desember 1998

Adamskraal (LB) L/S
31 Maart 2000

Bossiesvlei (DRC) L/S
1 Januarie 1995

Boskey Dell (EC) L/S
1 Maart 1994

Bellair L/S
1 Januarie 1994

Brooklyn Hospitaalskool
1 September 1994

Bosrivier (DRC) L/S
30 September 1998

Bodam (DRC) L/S
31 Desember 1998

Bonnievale S.A. Plaasskool
31 Desember 1998

Buffelsklip L/S
31 Maart 2000

Buffelskloof (DRC) L/S
31 Maart 2000

Clearsprings (DRC) L/S
1 Julie 1994

Covie (EC) L/S
31 Desember 1998

Constantia Meisieskool
30 Junie 2000

De Brug (DRC) L/S
1 Januarie 1994

De Hangen L/S
1 Januarie 1996

De Bos (DRC) L/S
1 Mei 1997

Doornbos L/S
1 Mei 1997

Dunarach L/S
1 Februarie 1997

Damfontein L/S
1 Desember 1997

De Plaat L/S
1 Junie 1998

Daytona (DRC) L/S
30 Junie 1998

Doringbaai L/S
31 Desember 1998

Dunghye Park (DRC) L/S
31 Desember 1998

Deugas L/S
31 Desember 1998

Doornkraal (DRC) L/S
31 Desember 1998

Dwarsfontein (DRC) L/S
30 Junie 2000

Entabeni L/S
1 Januarie 1994

Eureka (LB) L/S
31 Desember 1997

Eikeboom (DRC) L/S
30 Junie 1998

Eerstekop (DRC) L/S
31 Maart 2000

Floriskraal (LB) L/S
31 Desember 1998

Faure Seunskool
31 Maart 1998

Groot Zoutpan (EC) L/S
1 Januarie 1994

Gouna L/S
1 September 1995

Goedvertrou (DRC) L/S
1 Januarie 1997

Goudveld L/S
1 April 1998

Grootplaats (DRC) L/S
1 April 1998

Goedemanskraal (DRC) L/S
30 Junie 1998

Goedverwagting L/S
31 Desember 1998

Gamka-Wes (DRC) L/S
31 Desember 1998

Grootfontein (DRC) L/S
31 Maart 2000

Grootberg (DRC) L/S
31 Maart 2000

Grootdrift (DRC) L/S
31 Maart 2000

Gouda L/S
31 Maart 2000

Gifberg (DRC) L/S
30 Junie 2000

Houtkloof (MOR) L/S
31 Desember 1998

Hagelkraal (LB) L/S
31 Desember 1998

Huisrivier L/S
31 Desember 1998

Heuningvlei L/S
31 Maart 2000

Heimersrivier (UCC) L/S
31 Maart 2000

Hoekplaas (DRC) L/S
31 Maart 2000

Hartebeesrivier (UCC) L/S
30 Junie 2000

Jonkersfontein (DRC) L/S
1 Oktober 1996

Janfourieskraal (UCC) L/S
1 April 1998

Keurfontein (LB) L/S
1 Januarie 1994

Kapteinskloof (MOR) L/S
1 Oktober 1995

Kleinvlei (EC) L/S
30 Junie 1998

Klipheuwel (UCC) L/S
30 Junie 1998

Kamferskraal (DRC) L/S
31 Desember 1998

Klein Brakrivier (EC) L/S
31 Desember 1998

Karnmelkrivier (DRC) L/S
31 Desember 1998

Kruisrivier (EC) L/S
31 Desember 1998

Kamanassieloop (DRC) L/S
31 Maart 2000

Kanga L/S
31 Maart 2000

Korsika L/S
31 Maart 2000

Karwyderskraal (MOR) L/S
31 Maart 2000

Kruinsig H/S
30 Junie 2000

Lekkerwater (DRC) L/S
1 Januarie 1996

Lady Michealis Hospitaalskool
1 Julie 1997

Lindershof L/S
31 Desember 1998

Le Fleur Meisieskool
30 Junie 2000

Modderfontein (DRC) L/S
1 April 1994

Merionodale L/S
1 April 1994

Melkboom (DRC) L/S
31 Desember 1998

Melkhoutessenbosch (DRC) L/S
31 Desember 1998

Nuweplaas (MOR) L/S
31 Maart 2000

Pietersklip (DRC) L/S
31 Maart 2000

Plathuis L/S
31 Maart 2000

Pools (DRC) L/S
31 Maart 2000

Olivedale (DRC) L/S
1 Januarie 1995

Ou Mure (DRC) L/S
31 Desember 1998

Pomona (MOR) L/S
1 April 1994

Phisantekraal (DRC) L/S
1 Januarie 1997

Patryskraal (DRC) L/S
1 Januarie 1997

Pakhuis (DRC) L/S
30 Junie 1998

Putsekloof L/S
30 Junie 1998

Proseskop L/S
30 Junie 1998

Papkuilsfontein (MOR) L/S
31 Desember 1998

Pacaltsdorp Industrile skool
30 Junie 2000

Porter Skool
30 Junie 2000

Plathuis (DRC) L/S
31 Maart 2000

Snyberg (UCC) L/S
30 Junie 2000

Rooihoogte (DRC) L/S
1 Januarie 1995

Ruitersbos (DRC) L/S
1 Januarie 1995

Rooihoogte-Suid L/S
1 April 1998

Rosenberg (DRC) L/S
30 Junie 1998

Sonskyn (DRC) L/S
31 Desember 1998

Rooidam (DRC) L/S
31 Desember 1998

Rooiplaas (UCC) L/S
31 Desember 1998

Soetmelksvlei (DRC) L/S
31 Desember 1998

Shnge S/S
31 Desember 1998

Remhoogte (DRC) L/S
31 Maart 2000

Rietpoelstasie (DRC) L/S
31 Maart 2000

Tra-Tra (MOR) L/S
31 Desember 1999

Touwsrivier H/S
31 Desember 1999

Saffraanrivier (DRC) L/S
31 Maart 2000

Sandkraal L/S
1 Januarie 1994

Teebus (DRC) L/S
1 Januarie 1994

Seekoeivlei (DRC) L/S
1 Januarie 1994

Trekpoort L/S
1 Maart 1994

Steenwerp (DRC) L/S
1 Januarie 1996

Stelladale (LB) L/S
16 Februarie 1998

Schoemanshoek (UCC) L/S
1 April 1998

Schoone-Oord (DRC) L/S
30 Junie 1998

The Baths (EC) L/S
30 Junie 1998

Theerivier (DRC) L/S
30 Junie 1998

St. Marks (EC) L/S
31 Desember 1998

Stormvlei (DRC) L/S
31 Desember 1998

Toekoms (UCC) L/S
31 Desember 1998

Vredehof (DRC) L/S
30 Junie 1998

Vlakkenheuwel (DRC) L/S
31 Desember 1998

Uniondale Weg L/S
31 Maart 2000

Vogelvlei (EC) L/S
31 Maart 2000

Volstruisdrift (DRC) L/S
30 Junie 2000

Wadrif (LB) L/S
1 Januarie 1996

Waterval L/S
1 September 1998

Wadrif (UCC) L/S
1 September 1998

Waboomskloof (DRC) L/S
31 Desember 1998

Winkelshoek (MOR) L/S
31 Desember 1998

Wotjieskloof (DRC) L/S
31 Desember 1998

Wynandsrivier L/S
31 Maart 2000

Zeekoevlei L/S
1 Januarie 1998

Zeezicht L/S
31 Desember 1998

Zondagskloof (MOR) L/S
31 Desember 1998

Mnr H A LEWIS: Mnr die Speaker, daar is 'n derde deel van daardie vraag waarop ek nie 'n antwoord gekry het nie.

Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, die antwoord lui soos volg:

(c) Die bogenoemde skole is gesluit, hoofsaaklik as gevolg van 'n drastiese vermindering in die leerdertal tot minder as 12. Die meeste van die skole was klein plaas- en kerkskole en sommige eienaars van die eiendom het aangedui dat die geboue vir ander doeleindes benodig word, wat die voortbestaan van hierdie skole onmoontlik gemaak het. Die WKOD het op 1 April 1999 die beleid om alle skole met minder as 25 leerders te sluit, gemplementeer en vervoerskemas ingestel.

Mnr H A LEWIS: Mnr die Speaker, ek wil weet of finansies of besparing een van die redes was waarom daar besluit was om van die skole te sluit.

Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, die antwoord is, in sommige gevalle, ja. Dit kos 'n geweldige groot bedrag geld om 'n skool vir 12 leerders oop te hou. In sommige gebiede is dit so dat daar 'n stuk of vyf, ses skooltjies is wat geweldig baie kos om almal aan die gang te hou.

Ons het gereken - en die somme is gemaak en dit staaf ons gevolgtrekking - dat as ons een of twee skole oophou en die kinders vervoer, is dit 'n baie beter stelsel. Ons het ook 'n koshuissubsidie, so kinders kan kies of hulle van die vervoerdiens gebruik wil maak of in 'n koshuis wil bly.

Ek wil s dat die Wes-Kaap die enigste Provinsie is wat vervoersubsidies ingestel het.
*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, as 'n opvolgvraag, as ek toegelaat word om dit te doen, sou ek graag wou vra of die agb Minister van Onderwys tevrede is dat toereikende vervoerrelings getref is met betrekking tot al hierdie sluitings, veral met betrekking tot plaasskole. Ek wil weet of sy daarmee tevrede is en of sy van enige bepaalde probleme bewus is.

In die tweede plek wil ek weet of daar met betrekking tot die 136 skole enige besware teen die sluiting van sodanige skole was.

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, ja, ek is bewus van probleme met vervoerskemas. Trouens, ek het so pas teruggekeer van 'n uitgebreide reis in die Oudtshoorn-omgewing om sekere van die klagtes wat ek van sowel ouers as onderwysers ontvang het, te identifiseer en te ondersoek. Ek het gevind dat daar rede was vir daardie klagtes en die kontrakteur wat gekontrakteer was om daardie vervoerroetes te bedryf, is byvoorbeeld deur 'n ander kontrakteur vervang.

Daar was ook probleme in ander gebiede, want by die skole waar daar 'n plan was om te sluit, is vervoer nie betyds of toereikend gerel nie, en gevolglik het ons besluit om daardie skole oop te hou tot tyd en wyl die vervoer toereikend te hou en beskikbaar was sodat die kinders nie skoolgaan hoef te mis nie.

Dit is die twee kategorie probleme waarvoor ek te staan gekom het. Trouens, in sommige gevalle het ons slegs kontrakteurs vervang en in ander gevalle het ons die skole oop gehou. Dit het hoegenaamd nie volkome glad verloop nie, maar ons weet waar die probleme bestaan en ons hanteer dit.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, as ek net die tweede vraag kan herhaal wat die agb Minister ontgaan het.

*Die SPEAKER: Die laaste opvolgvraag, ja.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek wil weet of daar enige formele besware geopper is deur bestuursliggame, ouerliggame en gemeenskapsorganisasies teen die sluiting van enige van hierdie 136 skole.

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, teen die tyd dat die dokumente na my toe gekom het vir ondertekening, was die meeste van daardie probleme opgelos. Dit moet klaarblyklik na die gemeenskap geneem word, hulle moet tyd h om rondom die kwessies te beraadslaag, en gewoonlik wanneer dit na my toe kom, is die kwessies reeds bespreek en opgelos. Daar is sommige gevalle, byvoorbeeld, ek dink dit was in Slanghoek en 'n paar ander plekke in die Worcester-gebied, waar dit moeilik was om dit te vermag.

Met die beleid om skole te sluit wat minder as 25 kinders het, was dit baie belangrik om te poog om alternatiewe relings te tref, maar genoeg tyd word aan mense gegee om beswaar aan te teken. Daar word baie deeglik op al daardie besware ingegaan en 'n oplossing gesoek wat uiteindelik almal tevrede sal stel.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, 'n laaste ...

*Die SPEAKER: Orde! Ek wil die opvolgvrae tot drie beperk sodat ons die Vraelys kan afhandel.

Amalgamasie van skole

3.	Mnr H A Lewis vra die Minister van Onderwys:

Of enige skole onder die jurisdiksie van die WKOD sedert 1994 geamalgameer is; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter skole geamalgameer is, (b) wanneer sodanige skole geamalgameer is en (c) waarom sodanige skole geamalgameer is?

*Die MINISTER VAN ONDERWYS:

3. Ja.

	(a)	Augsburg Landbouskool en Clanwilliam Horskool.

	(b)	1 Januarie 1996.

(c)	Die beheerliggame van die twee skole het aansoek gedoen om amalgamasie. Die WKOD het die aansoek goedgekeur.

*Die SPEAKER: Orde! Ek stel vraag 4. O, is daar 'n opvolgvraag?

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, gegewe u beslissing oor tyd, sal ek dit eerder terugtrek.

*Die SPEAKER: Baie dankie. Die agb lid mnr Ozinsky wil nie toegee nie. Hy kan voortgaan.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil graag die agb Minister van Onderwys vra of dit die voorneme is dat ander skole in die nabye toekoms sal saamsmelt.

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, dit hang af wat die agb lid mnr Ozinsky met samesmelting bedoel. In sommige ...

*Mnr M OZINSKY: Dit is 'n vraag.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, dit hang af van wat die agb lid daarmee bedoel. Laat ons Touwsrivier as 'n voorbeeld gebruik. Touwsrivier het 'n baie goeie skool gehad. Dit is baie goed bedryf en het uiters goed ooreenkomstig enige maatstaf gevaar ...

*Mnr M OZINSKY: Behalwe rasse ...

*Die MINISTER: Verskoning?

*Mnr M OZINSKY: Behalwe ras.

*Die MINISTER: Die deurslaggewende kwessie hier is dat deel van die gemeenskap nie wou gehad het dat hul kinders daardie skool bywoon nie omdat hulle hul poste in die ander skool beskerm het. Indien hul syfers en hul statistiek sou daal, sou hulle onderwysers op 'n onderwyser:leerling-verhouding begin verloor het, en dit word dan 'n baie sterk gemeenskapskwessie. Trouens, dit is 'n volslae oorvereenvoudiging om een kant van rassisme te beskuldig.

'n Mens het dikwels 'n funksionele skool wat opdroog, terwyl 'n disfunksionele skool sy leerlinge behou as gevolg van druk deur die gemeenskap om nie te skuif ten einde die onderwyser:leerling-verhouding te laat daal nie. Dit is nie deurgaans die verskynsel nie, omdat hierdie verskynsels van dorpie na dorpie verskil. Dorpies is eiesoortig. Elkeen het sy eie dinamiek en in sommige is dit 'n baie sterk dinamiek. Wat ons gedoen het, was om die een skool te sluit, wat 'n mens in werklikheid kan aanvoer 'n samesmelting beteken.

Dit is moeilik en dit is baie kompleks van een dorpie na 'n ander dorpie, waar 'n mens moet kyk na die kwessies en miskien moet kyk na die dinamiek en rekening moet hou met wat die gemeenskappe wil h. Ek was die afgelope naweek na Beaufort-Wes, wat nog 'n klassieke tipiese voorbeeld is. Daar is genoeg klaskamerruimte in al daardie skole op Beaufort-Wes om al die swart leerlinge op Beaufort-Wes te akkommodeer. Hulle wou graag hul eie skole in die township gehad het. 'n Groot debat en 'n groot mate van druk het uiteindelik daartoe gelei dat daardie skool, en daardie skool is ... [Tussenwerpsels.] Daardie skool is die trots van die gemeenskap in Beaufort-Wes en het verlede jaar so goed gevaar in die matriekuitslae dat hulle rekenaartoerusting ter waarde van R100 000 gekry het. Dit is waarom ek daar was.

Hierdie dinamiek verskil van gemeenskap tot gemeenskap, en die kwessies is baie kompleks en het dikwels baie min met ras te doen, maar met werkgeleenthede en gehalteverwante kwessies.

Mnr M L FRANSMAN: Mnr die Speaker, gegewe die feit dat die agb Minister van Onderwys s dat amalgamasie wel in sekere gevalle plaasvind, Lambertsbaai is 'n realiteit. Gaan die skole op Lambertsbaai wel op 1 Januarie 2001 geamalgameer word, soos versoek deur die agtergeblewe gemeenskap in Lambertsbaai?

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, Lambertsbaai het natuurlik ook sy eie dinamiek, hoofsaaklik omdat die ANC die skole daar gebruik as 'n platform vir ... [Tussenwerpsels.] Ja, ja! [Tussenwerpsels.] Dit is presies wat gebeur, en dit is waarop die besturende direkteur van 'n baie vooraanstaande maatskappy met my kom praat het en ges het dat hy 'n baie groot donasie aan die skole op Lambertsbaai wil maak, en gevra het wat ons kan voorstel. Ek het aan die kringbestuurder geskryf en hom gevra om na die skole daar te gaan en met hulle te praat. Die boodskap het teruggekom, "Niks kan gebeur nie, want die ANC s dat, tensy dit met hulle toedoen gedoen word, hulle enige ontwikkeling sal stuit." [Tussenwerpsels.] Dit is wat in daardie skole gebeur en hulle word ... [Tussenwerpsels.]

Mnr H A LEWIS: Mnr die Speaker, my vraag gaan basies oor 'n beginsel. In antwoord op die vorige vraag het die agb Minister van Onderwys onomstootlik aangedui dat een van die redes waarom die 136 skole gesluit is, was vanwe besparing en finansies. Dit is goed dat die departement so redeneer. My vraag is: kan dieselfde beginsel van besparing en finansies doelgerig en maksimaal aanwend nie ook oorweeg word wanneer dit kom by die amalgamasie van skole nie? Het die departement en die Ministerie daaraan gedink om dieselfde beginsel te handhaaf, terwyl hulle dit handhaaf wanneer hulle skole sluit?

Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, die vraag is in Afrikaans gestel, en ek laat my nie deur die agb lid mnr Lewis voorskryf nie.

Meneer, wanneer amalgamasie plaasvind en die ouers 'n keuse het en samesprekings op elke dorp moet plaasvind, neem ons daardie samesprekings baie ernstig op. As ouers oordeel en hul besluite neem, vra hulle altyd vir kwaliteit. Dit is hulle keuse. As ons skole moet amalgameer - en ons weet dit gaan vir die onderwysers altyd om poste - sien ons hoe bots die keuse van die ouers, veral die arm ouers, di van die onderwysers en die leerkragte, en, om nie eens van die keuse van die ANC te praat nie, di van alle politieke partye.

Mnr die Speaker, ek wil net s ons word nie voorgeskryf deur die ANC, die UDM of enige ander politieke party nie. Ons gaan na die gemeenskap en bring 'n forum in elke klein gemeenskap op die been. Ons volg die beste pad en maak die beste resolusie vir daardie gemeenskap, wat hopelik almal tevrede sal kan stel.

Bonteheuwel: oprigting van polisiestasie

*4.	Mnr P C McKenzie vra die Minister van Gemeenskapsveiligheid:

	Gesien die feit dat Bonteheuwel op die lys vir die oprigting van 'n polisiestasie is, of hy dit intussen sal oorweeg om, as gevolg van die ho misdaadsyfer, 'n satelliet-polisiestasie in Bonteheuwel te plaas?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID:

4. Die agb lid mnr McKenzie, wat op sy dag ook Minister van Gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap was, het waarskynlik so pas 'n Freudiaanse fout in sy vraag gemaak. Natuurlik sal hy weet dat besluit is dat 'n satellietstasie nie my verantwoordelikheid is nie, maar in werklikheid di van die provinsiale Kommissaris. Ek dink dat hy die pas oorgesien het. [Tussenwerpsels.]

Ek is bewus van die omstandighede in Bonteheuwel en van die behoefte aan 'n satelliet polisiestasie. Die polisie het ook 'n ondersoek gedoen. Hulle het beraam dat ongeveer 10 polisielede benodig word om werklik so 'n stasie te beman/bevrou/persoon, watter term agb lede ook al wil gebruik.

Daar is egter op die oomblik 'n tekort aan menslike hulpbronne en hulle kan dit nie onmiddellik open nie. Agb lede is ook bewus dat die instelling van 'n volwaardige stasie 'n topprioriteit is. Die stasie daar is 'n werklikheid nr 4 op die provinsiale lys vir opening. Tans probeer ons druk uitoefen op die nasionale Departement van Publieke Werke om 'n bietjie vinniger te beweeg om daardie stasies te open.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, ek wil net 'n opvolgvraag stel. Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid se feite is korrek. Dit is baie goed dat hy weet wat die reg s. Ons sal hom steun in sy pogings om 'n hor prioriteit aan daardie polisiestasie te verleen, gesien in die lig daarvan dat die voormalige Minister destyds 'n laer prioriteit daaraan verleen het.

*Die SPEAKER: Orde! Die agb lid is buite orde. Hy moet 'n vraag stel. Ek gaan dit ongelukkig as die eerste vraag beskou.

Mnr A ISMAIL: Mnr die Speaker, mag ek die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid vra, na aanleiding van die antwoord wat hy gegee het, waar die ander polisiestasies, nrs 1, 2 en 3, is?

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID: Mnr die Speaker, ek het net navraag oor hierdie polisiestasie gedoen. Ek kan uitvind en die inligting aan die agb lid mnr Ismail voorsien.

Mnr A ISMAIL: Dankie.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, gegewe dat ons die antwoord op nrs 1, 2 en 3 sal kry, kan ek die antwoord op nrs 5, 6, 7, 8, 9 en 10 kry?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID: Mnr die Speaker, ek sal die inligting kry. Is daar enigiemand wat oor nr 11 wil weet?

*Die SPEAKER: Orde! Ek stel vraag nr 5.

Mnr R WILLIAMS: Mnr die Speaker, ek wil graag 'n opvolgvraag stel.

Die SPEAKER: Orde! Daar is ongelukkig reeds drie opvolgvrae gestel. Ek het 'n beslissing daaroor gemaak.

Voldoening aan Wes-Kaapse Wet op Grondadministrasie

*5.	Mnr L Ramatlakane vra die Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke:

	(1)	Of hy voldoen het aan die bepalings van die Wes-Kaapse Wet op Grondadministrasie deur jaarliks aan die Provinsiale Parlement verslag te doen oor die stand van provinsiale onroerende bates, wat eiendom insluit wat bestem is vir beskikking, ontwikkeling en oordrag, in ooreenstemming met die herverdeling van grond en/of programme vir grondhervorming; so nie, waarom nie; so ja, wat die besonderhede van die (a) kategorie, (b) bedrae en (c) belangegroepe is;

	(2)	of hy 'n verklaring oor die aangeleentheid sal doen?

*Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE:

5.	(1)	(a) tot (c) Die verslag vir die tydperk 1994-98 is deurgestuur vir voorlegging aan die Provinsiale Parlement. Die verslae vir 1998-99- en 1999-2000-boekjare word voorberei en sal teen die einde van September 2000 voorgel word. Wanneer die 1994-98-verslag ter Tafel gel word, sal besonderhede van die kategorie, bedrae en belangegroepe daarin vervat, beskikbaar wees. Die finalisering van die verslae is vertraag, aangesien die formaat van die verslag nou eers gefinaliseer is. Die 1994-98-verslag is ook verder vertraag weens ondersoeke wat gedoen is na aanleiding van onrelmatighede wat hiermee verband hou.

(2) Die verslag wat aan die Provinsiale Parlement voorgel word, is 'n openbare dokument en ek beoog om geen verdere verklarings in di verband te doen nie.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ek wil graag 'n opvolgvraag stel na aanleiding van die antwoord wat die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke gegee het. Kan die agb Minister baie kortliks aandui watter onrelmatighede die voorlegging van daardie verslag vertraag het?

*Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Mnr die Speaker, dit is deel van die verslag en dit sal beskikbaar wees wanneer dit in die Parlement ter Tafel gel word.

Implementering van Be Legal Campaign

*6.	Mnr L Ramatlakane vra die Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning:

(1) Of hy verbind is tot die implementering van die Be Legal Campaign om onwettige operateurs te wettig na twee jaar van huiwering en/of weiering om al die onderliggende en wesenlike probleme aan te spreek wat deur openbare vervoeroperateurs ervaar word;

(2) of hy 'n besigheidsplan opgestel het om die probleme stelselmatig op te los; so ja, (a) wat die beginsels van die plan is en (b) of hy 'n afskrif van die besigheidsplan ter Tafel sal l?

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, die agb Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning en die agb lid mnr Ramatlakane het ooreengekom dat die vraag skriftelik aan hom oorhandig sal word.

Die MINISTER VAN VERVOER, SPORT EN ONTSPANNING:

6.	(1)	By MINKOM-vergaderings het ek my versekering aan die nasionale Minister van Vervoer gegee dat die Wes-Kaap verbind is tot die implementering van die Be Legal Campaign. Dit moet in gedagte gehou word dat, terwyl die Special Legalisation Process (SLP) in die proses was om gemplementeer te word, die Wes-Kaap versoek het dat die nasionale Departement van Vervoer die kriteria vir die SLP moet verslap om dit meer inklusief te maak.

(2) Na 'n werkwinkel wat ek bygewoon het met senior amptenare van die Tak: Vervoer, is 'n konsep-besigheidsplan saamgestel om die vraagpunte, deur die taxibedryf geopper, op 'n stelselmatige wyse aan te spreek. Een van die sleutel elemente van die plan is die wettiging van onwettige operateurs deur die implementering van die Be Legal Campaign. Ons wag nou op die finalisering van die Be Legal Campaign-kriteria en konsepregulasies in terme van die Nasionale Land Vervoer Oorgangswet deur die nasionale Departement van Vervoer. Eers wanneer dit in plek is, sal die Tak: Vervoer in staat wees om die besigheidsplan te finaliseer, waarna ek 'n afskrif ter Tafel sal l.
Wes-Kaapse Wet op Beplanning en Ontwikkeling:
implementering van regulasies

*7.	Mnr M Ozinsky vra die Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning:

Wat die voorgestelde datum vir die implementering van die regulasies van die Wes-Kaapse Wet op Beplanning en Ontwikkeling is?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, die vraag het te make met twee regulasies, die beplanningshersieningsraadregulasies en die algemene regulasies. Ek het verlede week 'n regsmening ontvang dat die twee huidige regulasies, wat wel deur die staande komitee goedgekeur is, sekere elemente van ongrondwetlikheid bevat. Ek kyk weer daarna. Die antwoord lui soos volg:

7.	Die vroegste voorgestelde datum vir die implementering van die regulasies van die Wes-Kaapse Wet op Beplanning en Ontwikkeling lyk dit my - ek gaan dit probeer verhaas - is April 2001.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, aan die hand van stellings deur sy voorganger, die voormalige Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning, byvoorbeeld 'n stelling op 15 September 1999 in sy 100-dae-toespraak, toe hy ges het, en ek haal aan uit Hansard: Wes-Kaap, deel 3, bl 464: 

Verskillende hoofstukke van die Wet mag op verskillende datums in werking tree, maar die teikendatum vir die aanvanklike implementering daarvan is Januarie volgende jaar.

Met ander woorde, Januarie 2000. Ek haal verder aan uit dieselfde paragraaf:

Die hoofstuk in die Wet wat oor die instelling en funksionering van die Beplanningshersieningsraad handel, is een van die mees kritieke elemente van hierdie Wet en moet binne die volgende ses maande gemplementeer word.

Dit is teen die einde van Maart.

Dan weer 'n stelling deur die voormalige Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning op 16 Maart 2000, en ek haal aan uit Hansard: Wes-Kaap, deel 3, bl 1419:

Ek wil h dat die wet op 1 Mei in werking moet tree, want 1 Mei is 'n baie spesiale dag op ons kalender. Dit sal op 2 Mei in werking gestel word, en ek wil daardie spertyd nakom.

Dit is nou 22 Augustus 2000. Kan die agb Minister die uitermatige vertraging met die implementering van hierdie regulasies wat mense miljoene en miljoene rand kos, verduidelik?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, van die miljoene rand waarvan die agb lid mnr Ozinsky gepraat het, is ek nie bewus nie.
Die beplanningswetgewing gaan voort soos normaalweg. Ek moet die agb lid inlig dat die wet ook sekere wysigings sal moet ondergaan en dat die implementering van die regulasie en die wet samelopend sal wees.

As ons dit vanjaar nog in die Parlement kan deurvoer, sal dit baie goed wees. Ons het egter weer te kampe met 'n proses van openbare deelname, en die regulasie en die wet sal ongelukkig moet saamloop.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil ook graag 'n opvolgvraag die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning vra. Ek het by talle geleenthede die kwessie geopper by die voormalige Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning - nie net in die Huis nie, maar ook in die staande komitee en ander vergaderings - dat daar sterk gevoelens was dat die wet ongrondwetlik is. Die voormalige Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning het toe by talle geleenthede aan die Huis ges dat daar geen rede was om die implementering as gevolg van die ongrondwetlikheid van die wet te vertraag nie.

Gaan die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning voort met die benadering van die voormalige Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning om die regskwessies te ignoreer totdat hulle die implementering van die regulasies verhoed?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, ek het nog nooit enige regsmening misken nie. Dit is juis waarom ek dit op hierdie stadium in ag neem. Ek moet dit duidelik stel dat die Wes-Kaapse Wet op Beplanning en Ontwikkeling, Wet 7 van 1999, nie ongrondwetlik is nie. Dit is die mening wat ons verlede week van 'n senior advokaat ontvang het. Daar is wel sekere tegniese punte wat verstelling nodig maak, en dit sal gedoen moet word. Ons sal dit so gou moontlik doen. Sekere aspekte wat in die regulasies vervat is, sal egter in die Wet opgeneem moet word.

Die Wet is baie vinnig in die Parlement deurgevoer, soos agb lede almal weet, en 'n redelike skoonmaakaksie is nodig met betrekking tot daardie Wet. Ek is nie van plan om 'n wet goed te keur wat ek weet sekere probleme kan veroorsaak nie.

*Mnr M LOUIS: Mnr die Speaker, ek is 'n bietjie onseker oor die ongrondwetlikheid van die Wes-Kaapse Wet op Beplanning en Ontwikkeling. Is dit beide die Wetsontwerp en die Regulasies, of slegs sommige van die Regulasies wat uit die Wetsontwerp voortvloei? Indien daar 'n regsmening oor die ongrondwetlikheid in sommige van die elemente van die Regulasies was, kan ons daardie regsmening van die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning kry?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, die ongrondwetlikheid is vervat in die Regulasies. Ons het dus twee paaie om te loop. Ons moet vasstel of ons die Regulasies bloot as 'n riglyn vir plaaslike owerhede kan gee en hoop hulle aanvaar dit as hul eie verordeninge.

*Mnr M OZINSKY: Soos die ANC destyds ges het.

*Die MINISTER: As hulle dit nie as hul eie munisipale regulasies aanvaar nie, dan is ons natuurlik sonder enige Regulasies daar buite. Ons moet sekere van die elemente van die Regulasies in die Wet opneem, en ten minste iets op die tafel plaas vir ons plaaslike owerhede. Die ongrondwetlikheid is ingevolge die Regulasies en die direkte klousule. Daar is geen probleem daarmee om dit aan lede van die komitees beskikbaar te stel nie.

Daar is 'n mikro-bestuur van die administrasie van plaaslike regering, en daar is dus sekere elemente wat ongrondwetlik is omdat dit plaaslike owerhede daarvan sal weerhou om munisipale regulasies goed te keur.

Omvangbepalingsverslae en
omgewingsimpakevaluerings

*8.	Mnr M Ozinsky vra die Minister van Omgewing- en Kultuursake:

Of enige aansoeke vir omvangbepalingsverslae en omgewingsimpakevaluerings tussen 1 Januarie 1999 en 1 Julie 2000 aan die departement voorgel is; so ja, (a) hoeveel, (b) hoeveel goedgekeur is en (c) hoeveel nog vir goedkeuring wag?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: 

8.	(a)-(c) Ja, ons het omvangsbepalingsverslae en omgewingsimpakbeoordelings vir goedkeuring ontvang. Die getal vir die tydperk wat ter sprake is, is 447, waarvan 253 gemagtig is; 24 is nie gemagtig nie; 86 was op hersiening deur die departement en 84 wag op voltooiing van die beoordelingsproses deur die aansoeker.

Ten einde dit in perspektief te stel, moet ek ook oor die vrystellings praat. Daar was ook aansoeke om vrystelling van die proses en die bepalings van die EIA-regulasies, en di syfers is vir dieselfde tydperk, wat ons vrygestel het, 541; nie vrygestel het nie, 14; wag op hersiening deur die departement, 147; wag op voltooiing van die aansoekproses deur die aansoeker, 95; en 'n totaal van 797 aansoeke om vrystelling.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil graag die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake vra watter stappe gedoen word om die goedkeuring van hierdie aansoeke te bespoedig, gegewe dat die agb Minister die Huis in Maart 2000 vertel het dat 370 uitstaande aansoeke destyds steeds uitstaande was.

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ons het stappe gedoen om die agterstand te verminder. Soos gesien kan word, het dit gedaal van die 370 uitstaande aansoeke waarvan die agb lid mnr Ozinsky melding gemaak het tot 'n totaal van 179 uitstaande aansoeke, wat 'n beduidende verbetering is.

Mnr die Speaker, ek moet die departement gelukwens met die werk wat hulle oor die afgelope twee weke aan Operasie Agterstand gedoen het. Hulle het hulle in 'n sekere sin van die buitewreld afgesny en het op die uitstaande agterstand met aansoeke gekonsentreer.

Ek moet ook nou op hierdie punt byvoeg dat die departement nie gehelp word met versoeke van sekere mense om voor in die tou te kom nie. Wanneer versoeke van hierdie aard hanteer moet word, word baie van ons tyd en konsentrasie daarmee in beslag geneem terwyl ons poog om van die agterstand ontslae te raak.

Mnr die Speaker, die departement het 'n komitee uit verskillende departemente, naamlik Landbou, Vervoer en Beplanning, saamgestel, wat op 'n weeklikse grondslag vergader om te poog om die aansoeke, sowel as die verwerking daarvan, te bespoedig.

Mnr die Speaker, ons het die kapasiteit in die departement vergroot, en ek wil graag die agb lid uitnooi om miskien 'n uur met my deur te bring om deur die departement te gaan om te kyk wat gedoen word.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil graag 'n opvolgvraag stel. Die LUK het in Maart aan die Huis ges dat die waarde van die projekte wat toe uitstaande was ...

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: kan ons die agb lid mnr Ozinsky versoek om sy aanspreekvorm na "die agb Minister" te verander en nie van die "LUR" te praat nie, want die senior mense in die Wes-Kaapse Parlement is Kabinetsministers.

*Die SPEAKER: Orde! Dit is 'n versoek. Die agb lid mnr Ozinsky mag voortgaan.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, hierdie Parlement is in die Republiek van Suid-Afrika gele, wat 'n grondwet het ... [Tussenwerpsels.]

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, ek maak beswaar. Die Wes-Kaap het 'n grondwet, ... [Tussenwerpsels.] ...

Die SPEAKER: Orde! 

Mnr R J KING: Ek doen 'n beroep op die agb lid mnr Ozinsky om aan di Grondwet gehoor te gee.

Die SPEAKER: Orde! [Tussenwerpsels.] Orde! Dit is so dat die Wes-Kaap sy eie Grondwet het, waarin ons na "Parlement" en "Ministers" verwys. Ek dink nie hierdie is 'n punt waaroor 'n mens vreeslik moet hare kloof nie, maar ons sal moet respekteer wat vir ons voorgeskryf word. As daar oor di punt gedebatteer moet word, kan die agb lid mnr Ozinsky sy punt stel. Ek wil hom werklik versoek om daaraan gehoor te gee, hoewel ek sekerlik nie sal beslis dat hy buite orde is nie. Die agb lid mnr Ozinsky mag voortgaan.

*Mnr M OZINSKY: Dankie, mnr die Speaker.

Meneer, die agb LUK of Minister - hy kan kies wat hy wil wees - het in Maart 2000 aan die Huis ges dat die projekte wat toe uitstaande was, die bedrag beloop het van R3,7 ...

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, wat die agb lid mnr Ozinsky so pas ges het, is minagting. Dit is in weerwil van u beslissing.

Die SPEAKER: Orde! In 'n sekere sin maak die agb lid mnr Ozinsky 'n bespotting daarvan. Ek dink nie ons moet ons besig hou met sulke kleinlikhede om oor hierdie dinge te stry nie. Ek het op die agb lid 'n beroep gedoen. Ek sal die saak baie ernstig moet oorweeg en moet kyk wat absoluut die regte aanspreekvorm behoort te wees. Ek versoek die agb lid mnr Ozinsky om voort te gaan volgens die Wes-Kaapse Grondwet tot tyd en wyl ons daaroor finale uitsluitsel het.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil graag die agb Adams vra of, gegewe dat hy in Maart aan die Huis ges het dat die uitstaande projekte op daardie tydstip R3,7 miljard beloop het - ek is seker dat hy sal saamstem dat dit 'n groot bedrag geld is - of hy steeds van plan is om die goedkeuring van EIAs van buite te laat finansier, en of hy eerder 'n manier oorweeg om die geld van die aansoeke te verkry ten einde dit te gebruik om die kapasiteit van die departement te verbeter.

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ek gee nie om wat ek in hierdie Huis genoem word nie, Minister of LUK.

In antwoord op die eerste gedeelte van die vraag van die agb lid mnr Ozinsky, ja, ons kyk na 'n omgewingsbestuursplan wat gedurende die tweede week van September 2000 gefinaliseer sal word. Dit sal ook kyk na die heffing van gelde uit aansoeke om met die kapasiteit behulpsaam te wees.

Wat was die ander deel van die vraag wat die agb lid mnr Ozinsky gestel het?

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, as ek mag ...

*Die SPEAKER: Ja, die agb lid mag voortgaan.

*Mnr M OZINSKY: Is daar enige voorneme om geld te bekom vir die goedkeuring van EIAs ten einde die proses in die departement te befonds?

*Die MINISTER: Ja. Ons kyk na 'n heffingstruktuur vir aansoeke ten einde met die kapasiteit behulpsaam te wees. Maar daar was nog 'n deel van die vraag wat ek gemis het. Het dit te doen gehad met befondsing van buite?

*Mnr M OZINSKY: Is dit steeds die agb Minister se voorneme om van buite te befonds?

*Die MINISTER: Ja, ek dink nie ons is van plan om op hierdie tydstip van buite te befonds nie. Ons het op die oomblik die kapasiteit om dit te kan hanteer. Ons kan na 'n ander manier van befondsing van buite kyk ingevolge waarvan die departement konsultante op koste van die ontwikkelaar aanstel.

Vredendal Meentgrondprojek

9.	Mnr M L Fransman vra die Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke:

Of hy op 26 November 1999 'n besoek aan Vredendal afgel het op uitnodiging van die Vredendalse Munisipaliteit tydens die opening van die Meentgrondprojek vir die bemagtiging van agtergeblewe kleinboere; so ja, of hy homself ten gunste van die projek uitgespreek het; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe sy Departement gedoen het om die projek daadwerklik te ondersteun?
Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: 

9.	Ja, ek het die Vredendal Gemeenskapsprojek op 26 November 1999 besoek. Die agb lid mnr Fransman was saam met my daar en hy is ook op die foto wat daar geneem is. As ek reg onthou, was sy arm nog gebreek. [Tussenwerpsels.]

Ek was 'n gas van die Vredendal Munisipaliteit. Dit was nie my eerste besoek van so 'n aard nie. Ek ondersteun soortgelyke projekte waar agtergeblewe gemeenskappe verantwoordelikheid aanvaar en eienaarskap neem vir hul eie ontwikkeling. Om di rede het ek my volle ondersteuning aan hierdie projek toeges. 

My departement is tans aktief betrokke by 'n groot getal landbouprojekte wat gerig is op die bemagtiging van agtergeblewe gemeenskappe, groepe en individue. Hierdie projekte wissel van baie klein skool- en gemeenskapstuine tot veel groter kommersile ondernemings regoor die provinsie. Ons ondersteuning vir hierdie projekte verskil van omstandighede binne die spesifieke gemeenskap en/of die projek, en sluit in die daarstelling van opleiding, uitbreiding en finansile ondersteuning van sommige projekte. 

Die betrokkenheid van die departement by die Vredendal Gemeenskapsprojek kan as volg opgesom word: 

(a) Die departement is 'n aktiewe lid van die Tegniese Bestuurskomitee van die projek, met die voorligtingsbeampte wat die projek weekliks besoek vir ondersteuning.

(b) Amptenare van die Noordwes Landbouontwikkelingsentrum het verskeie byeenkomste bygewoon, waar hulle insette gelewer het ten opsigte van die landbou- en ontwikkelingsaspekte van die projek. 

(c) Amptenare het verskeie begrotings aan hulle voorsien.

(d) Die landbou-ekonoom het 'n ekonomiese vatbaarheidsanalise en kontantvloei-projeksie vir druiwe-/groenteprojekte gedoen. 

(e) 'n Volledige verslag oor grond en besproeiing is vir die projek saamgestel.

(f) 'n Opleidingskursus is vir 9 tot 12 Mei 2000 gerel. Geeneen van die deelnemers het egter vir die kursus geregistreer nie en ons moes dit dus kanselleer. 

	Ek wil weer eens die versekering gee dat ons hierdie projek ten volle ondersteun. Indien die projek meer ondersteuning benodig as wat die departement reeds bied, is hulle meer as welkom om 'n versoek te rig. 

	Ek het verder gegaan en 14 dae gelede 'n brief aan die stadsklerk geskryf, waarin ek hom vra dat as hulle spesifieke behoeftes het, hulle dit aan my moet meld, waarna ons dit saam met al die ander versoeke in die volgende begroting sal oorweeg.
Mnr M L FRANSMAN: Mnr die Speaker, ek dink die versoek was grotendeels finansieel van aard en nie net bestuursondersteunend nie. Ek wil net klaarheid daaroor kry en vir die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke vra of daar enigiets in die pyplyn is rakende finansile ondersteuning.

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Mnr die Speaker, ek antwoord graag. Ons was in November 1999 daar. Toe was die begroting vir die huidige boekjaar alreeds afgehandel. Dit is spesifiek waarom ek nou 'n brief aan die stadsklerk geskryf het, waarin ek hom versoek het om aan ons te s wat hulle graag wil h, sodat ons dit saam met al die ander versoeke kan oorweeg.

Die SPEAKER: Orde! Dit spyt my, maar die tyd vir Vrae vir Mondelinge Beantwoording het verstryk. Ons gaan nou oor na Vrae aan die Premier sonder Kennisgewing. Ek sien die agb lid mnr Byneveldt.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: kan ons net herinner word aan wat met die onbeantwoorde vrae 10 tot 18 sou gebeur?

*Die SPEAKER: Orde! Die agb Ministers moet hul antwoorde aan die Tafel besorg, sodat dit in Hansard opgeneem kan word.

*Mnr C M DUGMORE: Jammer, mnr die Speaker, ek het 'n verdere punt van orde: word die antwoorde dan ook aan die agb lede wat daardie vrae gestel het, beskikbaar gestel? Het hulle toegang tot daardie antwoorde?

*Die SPEAKER: Beslis.

*Mnr C M DUGMORE: Dankie, meneer.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek wil graag 'n kwessie opper met betrekking tot die vrae op die Vraelys. In 'n bespreking met die Hoofsweep het ons 'n ooreenkoms gehad dat die vrae, soos dit op die Vraelys staan, vandag by hierdie sessie uit die weg geruim wou word. Ek wil graag weet of daar teruggegaan word op daardie prosedure.

*Die SPEAKER: Orde! Ek is nie daarvan bewus nie. Wil die agb lid mnr King my op hierdie punt van orde toespreek?

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, ek het vir die agb lid mnr Ramatlakane die onderneming gegee dat ons sover moontlik die vrae vandag sal hanteer. U het vroer beslis dat net drie opvolgvrae gestel kan word. As die tyd vir vrae verstreke is, is dit uit my hande.

Die SPEAKER: Orde! Om die vrae sover moontlik af te handel, is die onderneming. Die Stoel het probeer om die tyd deur drie opvolgvrae te beperk, en die tyd is nou verstreke. Daar kan nou 'n ordevoorstel ingedien word vir die toestaan van verdere tyd aan vrae.

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, ek sal graag 'n ordevoorstel wil indien.
WERKSAAMHEDE VAN HUIS

(Voorstel)

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis voortgaan en die Vrae vir Mondelinge Beantwoording afhandel, met die beperking van drie opvolgvrae per vraag.

Goedgekeur.

Elsenburg: diskriminasie teen swart werkers

10.	Me L Phike vra die Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke:

Of hy bewus is van enige diskriminasie teen swart werkers by Elsenburg; so ja, watter stappe hy gedoen het om die probleem aan te spreek?

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: 

10.	Ek is nie bewus van enige diskriminasie teen swart werkers by Elsenburg nie. Ek is wel bewus van verskeie ongegronde bewerings van diskriminasie teen swart werkers. 

Laat my verduidelik wat die prosedure is vir personeel wat voel dat daar teen hulle gediskrimineer is. Daar is twee beskikbare kanale waarvan die een vir individue is en die ander vir kollektiewe optrede. Enige amptenaar kan gebruik maak van die griewe prosedure soos voorgeskryf in die Staatsdienswet, 1997 (Wet 46 van 1997), en soos gelees in artikel 196(4)(f)(xii) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Ten tyde van my termyn as verantwoordelike Minister is geen griewe oor diskriminasie via hierdie meganisme aangeteken nie.

Die tweede meganisme is die Institusionele Bestuurs- en Arbeidskomitees in die Hoofdirektoraat: Landbou. Verskeie beskuldigings van diskriminasie is op die agenda geplaas. Tot op datum kon geen van hierdie beskuldigings gesubstansieer of bewys word nie. 

Verskeie ander beskuldigings rakende diskriminasie is die afgelope vyf jaar deur ander kanale as bogenoemde twee kanale gemaak. In elke geval is elke bewering onmiddellik ondersoek en elke bewering is bevind ongegrond te wees. 

Ek sal geen vorm van diskriminasie op grond van ras, geslag of enige ander gronde in my departement verdra nie. Ek versoek enige amptenaar wat voel dat daar teen hom/haar gediskrimineer word, om die amptelike kanale te volg om die saak, met die nodige grondige bewyse, onder my aandag te bring. Ek gee die versekering dat enige skuldige party dienooreenkomstig hanteer sal word.

Me L N PHIKE: Mnr die Speaker, ek wil graag van die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke weet of hy enige aksie geneem het teenoor die betrokke persone wat diskrimineer teenoor die swart werkers by Elsenburg. My vraag is: het die agb Minister enige aksie geneem om dit reg te stel?

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Mnr die Speaker, ek wil nie graag my antwoord herhaal nie, maar ek wil vir die agb lid me Phike s dat ek juis vir haar probeer s het dat daar geen gronde vir enige diskriminasie was nie, asook watter kanale gevolg kan word indien daar enige diskriminasie voorkom. As sy van sulke gevalle weet, moet sy dit onder my aandag bring.

Me L N PHIKE: Mnr die Speaker, die rede waarom ek dit onder die aandag van die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke bring, is dat die mense reeds meer as 'n jaar lank met hierdie diskriminasie te doen het. Die voorvrou daar gee nie gehoor nie. Die prosedure word gevolg. Ek het die verslag gekry van 'n komiteelid, want hy weet nie meer wat om te doen nie.

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Mnr die Speaker, die twee maniere van klagte l is baie oop. Ingevolge die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika kan daardie persoon 'n klag by my l, waarna dit ondersoek sal word. Ek kan nie verstaan waar die haakplek is nie, maar daar was bewerings gemaak wat ondersoek is. Daar was egter nog geen gronde vir enige diskriminasie gevind nie.

Mnr M L FRANSMAN: Mnr die Speaker, ek wil van die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke weet of dit nie vir hom snaaks is dat daar geen gronde vir diskriminasie met betrekking tot al die beweringe bestaan nie, of gee hy nie om vir daardie beweringe nie?

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Mnr die Speaker, ek het my baie uitdruklik hier uitgespreek dat ek geen vorm van diskriminasie sal toelaat nie. Dit is nie vir my snaaks dat daar beweringe is waarvoor daar nie gronde gevind word nie.

Verhoging in Gesondheidsbegroting: swak diensomstandighede

*11.	Mnr P M Jacobs vra die Minister van Gesondheid:

	(1)	Gesien die dramatiese verhoging in die begroting van die Departement van Gesondheid sedert 1998 na die voorgestelde syfer van R3,3 miljard vir die 2000-01-boekjaar, of hy die syfers kan verskaf vir dieselfde tydperk vir (a) die voorkoms van TB, (b) wagtydperke vir heupvervangings, (c) wagtydperke vir pasinte by gemeenskaps-gesondheidsklinieke, (d) alle kategorie van personeel wat op verskillende vlakke in die Departement van Gesondheid verloor is en (e) die tekort aan medisyne by die gesondheidsfasiliteite;

	(2)	waarom di swak aanwysers steeds voorkom ten spyte van die dramatiese verhoging in die begroting; en

(3)	waarom hy nie in staat was om die ondernemings wat hy in sy 100-dag-toespraak gemaak het, gestand te doen nie?

*Die MINISTER VAN GESONDHEID: Mnr die Speaker, ek het 'n baie volledige antwoord op die vraag voorberei, wat omtrent sewe bladsye beslaan. Ek sal daardie deel aan die agb lid mnr Jacobs stuur. Ek het ook 'n opgesomde weergawe wat my ongeveer vier tot vyf minute sal neem om te lees. Indien die agb lid wil h dat ek dit ook aan hom moet voorl, sal ek dit doen, of ek sal graag die opgesomde weergawe lees.

*Die SPEAKER: Die agb lid mnr Jacobs is bereid om die voorlegging van die agb Minister van Gesondheid te aanvaar.

*Die MINISTER VAN GESONDHEID:

11.	(1)	Laat my begin deur te s dat daar sekerlik nie van my verwag kan word om in my mondelinge antwoord in besonderhede op so 'n bre en wydstrekkende stel vrae te reageer nie. Ek sal die hoofpunte van my antwoord nou opsom, maar ek het ook die moeite gedoen om my antwoord skriftelik beskikbaar te stel omdat ek hierdie kwessies as uiters belangrik beskou, en ek nooi die agb lid om die besonderhede op sy tyd te bestudeer.

		Eerstens is daar geen dramatiese toename in die gesondheidsbegroting nie. Ja, in nominale terme is daar wel 'n jaar-op-jaar-toename, maar nie in rele terme nie as 'n mens ag slaan op-

* die uitwerking van inflasie op verbruikbare mediese items,

* die feit dat ICS nou by ons begroting ingesluit word,

* die feit dat 'n groot deel van die begroting afgekamp is vir kapitaalbesteding.

		Daar is geen werklike netto toename in die toewysing vir gesondheid nie. Verder was sentraal bedingde salarisverhogings hor as die inflasiekoers, met die gevolg dat personeelkoste gestyg het ondanks die verlies aan 'n groot aantal personeellede. Ons het wel, en ek is uiters dankbaar daarvoor en het dit so gestel, bykomende kapitaal om die vervanging van verouderde mediese toerusting te finansier.

(a) Wat die voorkoms van TB betref, is dit kommerwekkend om te meld dat die voorkoms toeneem - nie dramaties nie, maar daar is 'n toename. Ons bring dit in verband met die feit dat MIV nou 'n nadelige uitwerking op die voorkoms van TB in ons provinsie het. Maar die TB-bestrydingsprogram is goed gevestig, en ons het die genesingskoers verhoog tot die beste in die land, baie na aan 'n eerstekeer genesingskoers van 70%, waarvoor ons op 'n onlangse nasionale Minmec-vergadering geloof is. Ons het nou ongetwyfeld die beste TB-program in die land, en ons genees nou meer mense as ooit tevore. Dit is jammer dat die voorkoms van die siekte toeneem, maar dit is belangrike om te verstaan dat dit nie met die doeltreffendheid van ons provinsiale TB-program verband hou nie.

(b) Die wagtye vir heupvervangings is op sy beste meer as 18 maande, wat as onaanvaarbaar lank beskou kan word. Maar dit is deel van die werklikheid waarmee ons saamleef wanneer selfs basiese gesondheidsbehoeftes meeding met krimpende gesondheidsbegrotings. Die twee grootste beperkings waarmee ons worstel, is die ho koste van die prostese en die beperkte operasietyd wat beskikbaar is. Maar dit is ook goed om te onthou dat ons desondanks meer as 120 vervangings per jaar by die Groote Schuur Hospitaal alleen doen, en ons doen dit ondanks die stortvloed van trauma en krimpende begrotings in die Geassosieerde Akademiese Hospitale.

(c) Die wagtye vir pasinte by gemeenskapsgesondheidsklinieke neem toe, maar net in die Metropool, deels as gevolg van die feit dat ons in hierdie streek net oor die afgelope jaar 'n toename van 500 000 pasinte ondervind het. Dit sluit in mense wat na hierdie provinsie stroom as gevolg van gebrekkige dienste in ander provinsies, veral die Oos-Kaap. Weer eens weerspiel die lang wagtye op primre gesondheidsorgvlak 'n gesondheidsdiens wat tot die maksimum beproef word. 'n Simposium oor Gehalte van Sorg is in Junie vanjaar deur die departement gehou, en een van die sleutelkwessies wat bespreek is, was hoe om die lang wagtye by sommige van ons klinieke te hanteer en regstellende strategie te implementeer.

(d) Ons gaan voort om personeel te verminder ten einde aan begrotingsbeperkings te voldoen. Ek het die besonderhede van die personeelverliese in my skriftelike reaksie uiteengesit, maar ek moet s dat dit met die oog op die ordelike verlaging van uitgawes uiters frustrerend is dat die Sentrale Regering die afgelope vyf jaar nie daarin kon slaag om die kwessie van 'n afleggingsinstrument op te los nie.

(e) Gebrekkige medisynevoorrade was in die meeste gevalle toe te skryf aan probleme met die voorsiening van middels deur vervaardigers en kontantvloeiprobleme wat in die CMD self ondervind is. Die departement skenk aandag aan die kapitaalbefondsing van die CMD, asook aan geleenthede vir die regstreekse lewering van medisyne vanaf vervaardigers aan ons instellings. Tans staan die totale getal items uit voorraad die laagste ooit op 78 items - waarvan 35 verband hou met 'n firma wat gelikwideer is - uit die meer as 3 000 items in voorraad.

(2) Mag ek die doel van my 100-dae-toespraak in perspektief plaas. Ek is versoek om so 'n toespraak te lewer binne 100 dae nadat ek my amp aanvaar het. Ek het dit gedoen. Die bedoeling was nie om die implementering van al hierdie inisiatiewe binne 100 dae te voltooi nie, maar in my ampstermyn. Ek dink dit is belangrik om dit te verstaan, sodat daar nie valse verwagtinge geskep word nie.

Ons het goeie vordering gemaak met al die inisiatiewe wat ek aangekondig het; trouens, al die inisiatiewe is reeds bykans 80% afgehandel. Ons het die bestuur versterk, 'n Sakebestuurder aangestel en vordering gemaak met die aanstelling van hoof- uitvoerende beamptes in ons hospitale.

Prestasiebestuursooreenkomste vir die vlak van Direkteur en hor is ingestel en die Wetsontwerp op Rade vir Gesondheidsfasiliteite is op pad na die Kabinet. Ons het goedkeuring ontvang om 50% van inkomste te behou, en die Kabinet steun in beginsel die behoud van 100% van inkomste bo inkomsteteikens.

Die Bedryfsrekeningstelsel is in werking by die Karl Bremer Hospitaal, en ons gaan die projek na ander instellings uitbrei. Ons instellings is besig om gereed te maak om private pasinte terug te lok na ons hospitale ten einde inkomste te verhoog, en projekte van hierdie aard is reeds aan die gang by die Clanwilliam, Vredendal en Tygerberg hospitale. Die PPP-projek by Groote Schuur Hospitaal vorder goed, en die kontrak vir die verhuring van die 125 beddens aan die UCT Medical Company en die Rhone Klinikum sal teen die einde van volgende week onderteken word.

Ons hersiene strategie rakende MIV/Vigs, TB en lewenstylsiektes word wyd verwelkom en is deur die Kabinet aanvaar. Gelukkig het die voorkoms van MIV nie toegeneem soos ek in my 100-dae-toespraak voorspel het nie. 'n Werkstudieverslag om 'n volwaardige Direktoraat vir MIV/Vigs in die departement in te stel, is afgehandel. Ek sal binnekort positiewe aankondigings doen oor die uitbreiding van die Moeder-tot-Kind-projek in hierdie provinsie, en ek sal die Kabinet nader met vaste aanbevelings oor die instelling van 'n provinsiale Vigsraad.

(3) Ek dink ons het beduidende vordering gemaak met my 100-dae-oogmerke. Natuurlik moet daar nog baie gedoen word in hierdie dinamiese proses, en daar l nog groot uitdagings voor. Ons sal voortgaan om die diens aan ons mense te verbeter. Dit is verblydend om te verneem dat die departement onlangs deur die Professionele Bestuursoorsig aangewys is as die jaarlikse Bes Presterende Provinsiale Departement. En asof dit nie genoeg is nie - ek het onlangs verneem dat ons ook finaliste is in die prestigeryke eta-toekenning, wat doeltreffendheid in die gebruik van mag meet.

MIV/Vigs-toetse by skole

*12.	Mnr P C McKenzie vra die Minister van Onderwys:

	Of sy bewus is daarvan of die opdrag gegee het dat leerders in skole in die provinsie vir MIV/Vigs getoets word; so nie, waarom nie; so ja, (a) by watter skole die toetse uitgevoer is, (b) wanneer die toetse uitgevoer is en (c) wat die uitslae was?

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, die stuk is nie op die oomblik voor my nie, maar ek kan dit uit die vuis s omdat ek die antwoord ken.

12. Daar is absoluut geen beleid nie en beslis geen toestemming dat enige leerders in hierdie provinsie vir MIV/Vigs getoets kan word nie, tensy hulle dit uitdruklik wil doen. Die ander vrae val dus weg.
Daar is geen program, geen opdrag en geen beleid nie, tensy mense dit spesifiek versoek.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, as 'n mens na die vraag kyk, sal jy sien dat ek nie gevra het of daar 'n beleid of 'n rigting was nie. Ek het gevra of die agb Minister van Onderwys daarvan bewus is dat sulke ondersoeke by skole plaasgevind het. Dit is die vraag.

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, ek is nie bewus van enige ondersoek nie, en indien dit gebeur het, is dit heeltemal strydig met die beleid.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, aangesien dit teen die beleid is, wat sal gebeur as die name van skole aan die agb Minister van Onderwys bekend gemaak word en sy vind uit dat dit daar gedoen is, watter optrede sou die agb Minister teen sulke skole volg?

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, soos normaalweg die geval is, sou ek nie die woord van die ANC daarvoor aanvaar nie, ek sou self gaan ondersoek instel. [Tussenwerpsels.] Ek sou self gaan ondersoek instel. [Tussenwerpsels.] Ek sou die omstandighede daarvan gaan ondersoek en uitvind wat in werklikheid gebeur het en dit hanteer indien enige oortredings van die beleid plaasgevind het.

Aansoeke om maatskaplike bystand

*13.	Me M G Vantura vra die Minister van Maatskaplike Dienste:

	Hoeveel mense wat elke maand vir toelaes wag, aansoek doen vir maatskaplike bystand?

*Die MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE:

13.	In die 1999-2000-boekjaar was 'n bedrag van R75 113,22 by distrikskantore uitgereik as maatskaplike bystand. Hierdie bedrag verteenwoordig sowat 144 gevalle.

Salarisaanpassing van vorige Minister van
Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding

*14.	Me T Essop vra die Leier van die Huis:

Of die salarisskaal van die vorige Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding, nadat hy op 14 Februarie 2000 uit sy Ministerile pos verwyder is, aangepas is tot di van 'n gewone lid van die Provinsiale Parlement; so nie, (a) waarom nie en (b) wat die finansile implikasies hiervan sou wees?

Die LEIER VAN DIE HUIS:

14.	(a)	Die salaris van die vorige Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding was nie aangepas nie as gevolg van 'n administratiewe oorsig.
(b) Die Staat sal egter geen verlies ly nie, aangesien daar reeds relings getref is om die bedrag van R42 317,43 te vorder.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, kan die Leier van die Huis aandui of die bedrag wat toe te veel betaal is met ingang van vandag terugbetaal is?

Die LEIER VAN DIE HUIS: Mnr die Speaker, as die agb lid mnr Dugmore na my antwoord geluister het, sou hy verstaan het toe ek ges het dat die bedrag gevorder sal word in terme van - indien hy dit nie weet nie - bestaande Tesourie-instruksies.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek wil weet of die Leier van die Huis kan bevestig dat niks van die uitstaande bedrag tot op hede terugbetaal is nie.

*Die LEIER VAN DIE HUIS: Ja, meneer.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, kan die Leier van die Huis vir ons aandui wat "'n administratiewe oorsig" is? Hoe is dit moontlik dat daar 'n administratiewe oorsig in so 'n mate kon wees dat 'n salaris nie wesenlik aangepas is toe die Minister gedemoveer is nie.

Die LEIER VAN DIE HUIS: Mnr die Speaker, 'n administratiewe oorsig is presies dit wat dit beteken - 'n administratiewe oorsig. 

Me T ESSOP: Wat is dit?

Die LEIER VAN DIE HUIS: Nou maar goed. Mnr die Speaker, dit was in die verlede die gebruik dat 'n salaris nog vir solank as een maand betaal moet word. Di gebruik het intussen verval en daar moes eers 'n mening ingewin word voordat 'n absolute finale bedrag voorgel kon word.

Me T ESSOP: O.

Die LEIER VAN DIE HUIS: Dit is 'n kwessie dat dit nie slegs die Provinsie is wat daarmee werk nie, maar ook die Kantoor van die Speaker in opdrag van die Kantoor van die Premier.

Mnr C M DUGMORE: Wie moet afgedank word?

Die LEIER VAN DIE HUIS: Jy. [Gelag.]

Veiligheid van mense op treine tussen Kaapstad en Paarl

*15.	Me L N Phike vra die Minister van Gemeenskapsveiligheid:

Of daar enige maatrels in plek is om die veiligheid van mense wat van 16:00 tot 18:00 per trein tussen Kaapstad en die Paarl reis, aan te spreek, veral die veiligheid van studente van die Kaapstadse Kollege wat di trein daagliks op weeksdae gebruik?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID:

15. Ja, 120 polisielede word daagliks tussen 16:00 en 19:00 op 20 treine - gewoonlik ongeveer vyf lede per trein - tussen Kaapstad en die Paarl ontplooi. Hulle word vir die volgende dienste aangewend:

* beskerming van reisende publiek;

* sigbare polisiring op treine;

* gesamentlike misdaadvoorkomingsoperasies op treine in samewerking met Metrorail Sekuriteit; en

* fokus op misdade gepleeg in die omgewing van spoorwegstasies.

Die polisie gebruik die volgende spoorwegstasies as kontakpunte: Kaapstad,
Koeberg, Vasco, Bellville en Huguenot.

Die Kaapstad Spoorwegstasie het 'n 24-uur aanmeldingspunt waar polisielede op 'n 24-uur basis vir misdaadvoorkomingsdoeleindes aangewend word.

Me L N PHIKE: Mnr die Speaker, ek wil graag weet of die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid bewus is dat van die skoolkinders van die Cape Town College losies gesoek het omdat daar geen beskerming op die treine is nie. 'n Meisie het verlede maand vir my vertel dat hulle nie losies kan kry nie, en hulle soek net 'n manier om hulself op die treine te beskerm.

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID: Mnr die Speaker, ek is nie bewus van sodanige feite nie. Ek is wel bewus dat hierdie dienste deur polisielede gelewer word. Gister het ek drie van die mense besoek wat baie ernstig gewond is op 'n trein wat tussen Kaapstad en Khayelitsha beweeg. Dit is dus 'n pendeleenheid wat werk.

As die agb lid me Phike egter spesifiek areas onder my aandag wil bring waar daar nie bevredigende polisiring op die treine gedoen word nie, is ek baie bereid om daarna te kyk.

Die SPEAKER: Orde! Die agb lid kan so maak.

Tesourierekening: toekenning aan bank/banke

*16.	Mnr G R Strachan vra die Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme:

	(1)	Watter kriteria tans gebruik word met betrekking tot die toekenning van die provinsiale Tesourierekening aan 'n bank of banke;

	(2)	of hy kriteria vir gemeenskapsherinvestering oorweeg het?

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME:

16.	(1)	Die kriteria wat gebruik word by die keuse van 'n amptelike bankier(s) en wat deur die Wes-Kaapse Tenderraad goedgekeur is, is as volg:

* Finansile implikasies vir die provinsie, dit is 'n voordelige diens/tarief-verhouding.

* Finansile stand, dit is winsprestasie en kredietwaardigheid van die betrokke bank.

* Infrastruktuur van die bank, dit is uitgebreide taknetwerk en administratiewe vaardighede.

* Tegnologiese geskiktheid en potensiaal gekonsolideerde kontantbestuursfunksies vir die provinsie met effektiewe toegangsbeheer.

* Verbintenis van die bank tot die makro-ekonomiese strategie vir GEAR, sowel as KMMO-ontwikkeling.

		Volledige maatstawwe is aangeheg en ek sal dit indien.

	(2)	Ja, in ooreenstemming met die volgende kriteria:

Verbintenis van die bank tot die makro ekonomiese strategie vir GEAR:

* Handel, nywerheid en belegging, wat groepontwikkeling bevorder.

* Openbare sektor hervormings.

* Arbeidsmark hervormings, byvoorbeeld opleiding van nuwe toetreders.

* Sosio-ekonomiese bydraes/verpligtinge aan Onderwys en Opleiding, Gesondheid en Welsyn, behuisingsinfrastruktuur, grondhervorming en landelike water, misdaadvoorkoming en regstellende aksie.

		Verbintenis van die bank aan KMMO-ontwikkeling:

* Finansiering
* Verkryging
* Opleiding

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, kan die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme aandui hoeveel gewig die gemeenskapsherbeleggingsmaatstawwe dra? Die agb Minister het 'n baie wye mandjie maatstawwe voorgeskryf oor of 'n bank, byvoorbeeld, behuising aan minderbevoorregte gemeenskappe steun, maar dit is 'n baie algemene, wye mandjie maatstawwe. Wat is die gewig wat verleen word aan die gemeenskapsherbeleggingsmaatstawwe?

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek kan nie die vraag beantwoord nie, omdat ek nie die pos beklee het toe die tender aan Eerste Nasionale Bank toegeken is nie. Ek was dus nie teenwoordig toe die belangrikheid van die maatstawwe op daardie tydstip oorweeg is nie.

Indien die agb lid mnr Strachan wil weet, moet hy my vra, en dit sal 'n plesier wees om die kwessie te ondersoek en aan hom die inligting te verskaf. Indien ek reg onthou, praat ons oor iets wat twee en 'n half tot drie jaar gelede gebeur het.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ingevolge die maatstawwe is KMMOs 'n sterk komponent. Kan die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme aandui of, as daar bevind word dat die huidige tenderaar, ENB, nie aan sekere van die maatstawwe voldoen het nie en dat die bank inderdaad sy hele KMMO-toonbank gesluit het, hy weer oor die aangeleentheid sou nadink? Ek wil ook graag weet wanneer die volgende kontrak toegeken sal word.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek kan nie hipotetiese situasies hanteer nie. Indien die agb lid me Essop enige inligting in verband met hierdie aangeleentheid het, wil ek haar vra om my daardie inligting te laat kry. Ek sal dan in staat wees om daarna te kyk en die akkuraatheid daarvan te bepaal, of om daardie inligting te ondersoek, en dan na die kontrak te kyk om te sien of dit beindig kan word as die inligting sterk genoeg is om so 'n kontrak te beindig.

Mnr die Speaker, ek kan net s dat die kontrak vir 'n verdere jaar hernu is ingevolge 'n opsie in terme van die oorspronklike kontrak.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, gegewe dat die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme my gevra het om hom te versoek om dit te doen, sou hy bereid wees om van die huidige houer van die tender, ENB, uit te vind of hulle inderdaad hulle KMMO-toonbank gesluit het?

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, die antwoord op daardie vraag is nee. Ek gaan nie na tenderaars toe en vra hulle vrae nadat 'n tender toegeken is nie, tensy inligting aan my voorgel word.

*Me T ESSOP: U het so pas ges dat u dit sal ondersoek.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek verstout my om te s dat die vraesteller ges het, "as daar bevind word".

*Me T ESSOP: U vra dus vir my om uit te vind?

*Die MINISTER: Ek kan nie hipotetiese situasies hanteer nie. Inligting moet aan my voorgel word. Ek wil weer s dat die vraesteller enige relevante inligting aan my moet voorl en dat ek dan die aangeleentheid kan hanteer. Ek is nie van plan om aandag aan 'n saak te gee wat oor 'n gerug gaan of op die "as daar bevind word"-tipe situasie gebaseer is nie. Dit is nie my funksie nie.

*Me T ESSOP: U het ges dat u bereid sou wees om uit te vind.

*Die MINISTER: Ek is bereid om uit te vind, maar ek wil nie h dat dit buite verband geneem moet word nie. Ek sal dit doen indien inligting aan my voorgel word en ek glo dat daardie inligting relevant genoeg is ten einde die saak 'n stap verder te voer.

*Mnr C M DUGMORE: Is u familietrust ... [Onhoorbaar.]

*Die MINISTER: Die agb lid mnr Dugmore moet nie ongeskik wees nie.

Me T ESSOP: [Onhoorbaar.]

Die MINISTER: En spel my naam volgende keer reg.

Beleid op Batebestuur

*17.	Mnr M Louis vra die Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke:

(1) Wanneer die Beleid op Batebestuur voltooi sal word;

(2) wat die eiendomsportefeulje met betrekking tot die 700 eiendomme wat in die Provinsie se naam geregistreer is, behels;

(3) hoeveel vergaderings die Provinsiale Eiendomskomitee gehou het en wat die uitslag van die vergaderings was; en

(4) of hy 'n verklaring oor die uitbesteding van eiendomsbestuur sal doen?

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE:

17.	(1)	'n Taakspan, met die opdrag om 'n Groenskrif vir Bestuur van Provinsiale Eiendomme op te stel, het reeds 'n diepgaande studie in di verband gedoen. 'n Werkswinkel is ook gehou met 'n verwysingsgroep bestaande uit 'n wye spektrum van openbare en private kundiges om hul insette te kry voordat die konsep-Groenskrif aan my voorgel word vir voorlegging aan die Kabinet. 

Ek is van voorneme om binnekort die staande komitee volledig in te lig oor die proses wat gevolg is en oor die voorstelle van die taakspan.

Dit word beoog om die konsep-Groenskrif einde September 2000 aan die Kabinet vir oorweging voor te l, waarna dit gepubliseer en vir kommentaar versprei sal word.

Dit word voorsien dat 'n Witskrif in die verband vroeg in 2001 gefinaliseer sal word vir publikasie, waarna toepaslike wetgewing opgestel sal word.

(2) Sedert 1994 is sowat 1 200 artikel 239- en item 28(1)-sertifikate vir eiendomme wat in die Wes-Kaap gele is, uitgereik. Van hierdie eiendomme is 869 in die Provinsie: Wes Kaap gevestig en die balans in die nasionale Regering.

Sewehonderd ses en sewentig van die eiendomme wat in die naam van die van die Provinsie: Wes-Kaap vestig, moet ingevolge behuisingswetgewing aan die Provinsiale Behuisingsontwikkelingsraad: Wes-Kaap oorgedra word. 

Die sowat 93 eiendomme wat die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap toeval, word hoofsaaklik as eksperimentele- en opleidingsplase, natuurreservate, kantoorgeboue vir provinsiale departemente en die Wetgewer, en vir opvoedkundige doeleindes aangewend. Daar is ook sertifikate uitgereik vir amptelike huise wat vir die Premier en amptenare aangewend word. 

'n Lys van eiendomme wat reeds in die naam van die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap gendosseer is, is beskikbaar. Dit sal ook binnekort op die webblad van die Departement van Ekonomiese Sake, Landbou en Toerisme bekend gemaak word. 

(3) Die Provinsiale Eiendomskomitee het reeds 13 keer vergader. Die komitee het ingevolge Regulasie 3(2) en 4(5) aanbevelings gemaak sodat die departement, die Minister en die Kabinet besluite soos van toepassing kon neem.

*Ek wil graag vir die agb lid me Essop ook s dat die lede van die taakspan mnre Roman, Du Plooy, Margolius, Mbembe, me Govan en mnre Slabbert, Snyman en Stander is. Ongelukkig het mnr Mbuye en me Govan as gevolg van werkdruk onttrek. Ons het me Mamon vir die taakspan genader, maar sy het dit om dieselfde redes van die hand gewys. In 'n poging om die taakspan meer inklusief te maak, het ek ander opsies oorweeg. Ek kan nou aankondig dat ek ook mnr Thabo Mashologu en me Beryl Kerr in die taakspan aangestel het.

(4) Daar word reeds beleid opgestel waarvolgens eiendomme bestuur moet word binne die Provinsie. Ek sou graag wou sien dat eiendomme optimaal benut moet word en een van die opsies kan die uitbestee van eiendombestuursfunksies wees.

Mnr M LOUIS: Mnr die Speaker, ek bedank die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke vir sy antwoord.

My vraag aan die agb Minister is: is dit moontlik dat ons die aanbevelings wat die Provinsiale Eiendomskomitee tydens die vergaderings gemaak het met betrekking tot die portefeulje wat onder sy beheer is, kan sien? 

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: Mnr die Speaker, ek is bereid om dit aan die agb lid mnr Louis te verskaf.

Opknapping van ingange na Parlementsgebou

*18.	Mnr M Louis vra die Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke:

Of enige vordering met betrekking tot die opknapping van die ingang na die Provinsiale Parlement en die kantore van lede van die Parlement gemaak is; so ja, (a) wanneer die planne goedgekeur sal word, (b) wanneer die verwagte opknappings sal begin en (c) wanneer dit voltooi sal word?

Die MINISTER VAN LANDBOU, EIENDOMSBESTUUR EN WERKE: 

18.	Ingange na Waalstraat 7 en 15:

(a)	Goedkeuring van die planne en ontwerp het reeds plaasgevind.

(b)	Opknappings sal teen einde Augustus 2000 in aanvang neem.

(c)	Opknappings sal teen Desember 2000 voltooi wees.

Kantoorakkommodasie

(a)	Toeligting is reeds ontvang en die goedkeuring van die planne sal gedurende September en Oktober 2000 plaasvind.

(b)	Opknappings sal gedurende Januarie 2001 in aanvang neem.

(c) Opknappings sal teen Augustus 2001 voltooi wees.

Debat afgesluit.

VRAE

Aan die Premier sonder kennisgewing:

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, die agb Premier het onlangs te kenne gegee dat die ANC op Beaufort-Wes planne gehad het om hom te ontvoer tydens sy onlangse besoek aan die dorp. Wat het hom laat besluit om so 'n ernstige aantyging teen die ANC in te bring, op watter inligting was dit gegrond en hoe is hierdie inligting bekom?

Die PREMIER: Mnr die Speaker, die agb lid mnr Byneveldt moet sy feite reg kry. Eerstens, ek het nie so ges nie. Ten tweede, die Intelligensiedepartement het die inligting na die wagte deurgestuur. Ek dink dit beantwoord sy vraag. Hy moet sy feite eers reg kry voordat hy sulke vrae stel.

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, ek wil vervolgens weet wie verantwoordelik was vir die persverklaring wat in di verband uitgereik is.

Die PREMIER: Mnr die Speaker, dit is nou onsin wat die agb lid mnr Byneveldt my vra. Hy sal sien dat daar by elke persverklaring wat ek uitreik 'n naam en 'n telefoonnommer is. Hy moet gaan uitvind wie die verklaring uitgereik het.

Mnr S E BYNEVELDT: Meneer, ek wil 'n verdere opvolgvraag stel: hoe is die SAPD, ... [Tussenwerpsels.] ...

Die PREMIER: Ekskuus?

Mnr S E BYNEVELDT: ... - ondersoek jy vir Eerste Nasionale Bank - die SANW of enige ander spesiale eenheid in hierdie opsig ingespan, ...

Die PREMIER: Ekskuus? Ek het nie gehoor wat u ges het nie.

Mnr S E BYNEVELDT: ... wat was die koste daaraan verbonde en, laastens, of hy nie berou of skaamte het oor wat hy gedoen het nie.

Die PREMIER: Wat was die vraag?

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, ek kan die vraag herhaal. Ek het gevra hoe is die SAPD, die SANW of enige ander spesiale eenheid in hierdie opsig ingespan, en wat was die koste daaraan verbonde?

Die PREMIER: Mnr die Speaker, my antwoord aan die agb lid mnr Byneveldt is as die Intelligensiedepartement die inligting vir mense deurgee, vra ek nie wat dit kos nie. Ek vra nie hoeveel dit die SANW kos nie. Hulle staan in die diens van die Provinsie en sy mense. As hy daardie vraag wil vra, moet hy dit aan die SAPD en die SANW vra en hulle sal vir hom s. Hy moet dit nie vir my vra nie. Ek het hulle nie aangestel nie.

*Mnr Z C STALI: Mnr die Speaker, vanwe die konstante tema van die agb Premier en die Kabinet dat dit die beste provinsie is, en gegewe die feit dat hierdie Begroting van die nasionale Regering groter is, kan hy aan die mense van die provinsie verslag doen oor die laer gehalte van dienslewering, soos gesien kan word in die lang toue waarin ons mense moet staan by hospitale, die gebrek aan medisyne, die swak diens by polisiestasies en die lang uitbetalingstoue waarin ons pensioentrekkers in die ren moet staan?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, in die eerste plek maak ek nie verskoning vir die feit dat wanneer daar 'n vergelyking getref word met die ander agt provinsies, die Wes-Kaap die Provinsie is wat die beste bestuur word nie.

In die tweede plek is dit die Provinsie in die land wat finansieel die beste beheer word.

In die derde plek het ons Provinsie so pas die toekenning ontvang vir die beste gesondheidsdienste in die land, en nou kom die agb lid mnr Stali met kleinighede soos daardie. Hy moet 'n vraag op die Ordelys plaas en die plekke noem, en ek sal hom daarop antwoord. Hy moet nie van my verwag om elke hospitaal te ken nie. Hy veralgemeen, en ek is nie bereid om daardie soort vraag te beantwoord nie.

*Mnr Z C STALI: Mnr die Speaker, ek wil graag die agb Premier vra wat hy gedoen het om die probleme in hierdie provinsie op te los?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, wat het ons gedoen? Dit is duidelik dat die agb lid mnr Stali in diep water is wanneer hy 'n vraag soos daardie stel.

Wat het ons gedoen? Ons doen so baie dat ons matrones by die hospitale ons elke naweek vertel dat sedert ons AZT aan swanger vroue gee, ons nie kan bybly nie, en ons is die enigste Provinsie wat dit doen.

Wat het ons ten opsigte van pensioene gedoen? As die agb lid vir my kan s waar die haakplekke is, veral met ALLPAY, sal ons dit ondersoek. Dit is nie die eerste keer dat hy veralgemeen wanneer hy 'n vraag stel nie. Hy kom hier en veralgemeen, maar hy moet vir my spesifiek s waar dit nie gebeur nie en ek sal met graagte die vraag beantwoord.

*Mnr P M JACOBS: Mnr die Speaker, ek wil ...

*Die SPEAKER: Orde! Dit spyt my dat slegs die lid wat die oorspronklike vraag gestel het, toegelaat word om 'n opvolgvraag te stel.

Debat afgesluit.


450	DINSDAG, 22 AUGUSTUS 2000



	DINSDAG, 22 AUGUSTUS 2000 	449



	DINSDAG, 22 AUGUSTUS 2000 	403


